Canolafokus 86 Desember 2018
Artikels indeks
Cultivarevaluasie vir die Wes- en Suid-Kaap
- Inleiding
- Nasionale cultivarproewe
- Klimaat
- Figuur 1: 2018 reënval by Langgewens
- Figuur 2: 2018 temperatuur by Langgewens
- Figuur 3: 2018 reënval by Tygerhoek
- Tabel 1: 2018 reënval in die Swartland en Rûens
- Figuur 4: 2018 temperatuur by Tygerhoek
- Resultate
- Tabel 2: 2018 Swartland saadopbrengste
- Tabel 3: 2018 Rûens saadopbrengste
Aspekte wat die keuse van cultivars vir 2019 kan beïnvloed
Canola cultivarevaluasie: Wes- en Suid-Kaap 2018
PJA Lombard, L Smorenburg en J Strauss
Inleiding
In die afgelope 2018 seisoen is 'n totaal van 18 cultivars in die cultivarevaluasieprogram getoets. Daar is ses konvensionele, ses CL (Clearfield®, Imasamoks tolerante) en ses van die TT (Triasien tolerante) groep by die program ingesluit. Al 18 cultivars is bastercultivars, soos die afgelope paar seisoene reeds. Daar is een nuwe konvensionele cultivar, Quartz en een nuwe TT-cultivar getoets (Hyola 350 TT). Die cultivar AG4510 TT se naam het verander na Alpha TT.
Nasionale cultivarproewe
Die Wes-Kaapse Departement van Landbou het gedurende die 2018 seisoen agt proewe in die Suid-Kaap aangeplant waarvan ses proewe se data ingesamel is. Die proef in die Heidelbergvlakte het skade opgedoen weens min grondvog, ystervarke en wildeganse, terwyl die proef by Caledon swak gevestig het weens onkruidprobleme. In die Swartland is agt proewe aangeplant op sewe lokaliteite waarvan een proef nie ge-oes is nie (weens WP-graanwurmskade by Darling).
Klimaat
Die afgelope seisoen in die Swartland is gekenmerk deur meestal gemiddelde toestande gedurende April en Mei. Aanplantings in voldoende grondvog was vroeër as in die vorige twee seisoene moontlik. Die Swartland se reënval is opgesom in Tabel en Figuur 1. Die Pools area het 'n uiters droë seisoen beleef en hoewel die data nie die omvang aandui nie, was die gebied noord van die weerstasie baie droog. Die opbrengsdata was baie laag in die area. Lae gemiddelde temperature tydens Augustus en September het opbrengste voordelig beïnvloed (Figuur 1).
In die Suid-Kaap het min reën in die somer voorgekom. Die totale reënval gedurende die groeiseisoen het afgeneem van westelike- na oostelike gebiede (Tabel 1 en Figuur 1). Regdeur die Suid-Kaap het baie goeie reën tydens September voorgekom. Die gemiddelde temperatuur tydens Augustus en September was onder gemiddeld (Figuur 4). Gunstige temperature tesame met laat reën het die opbrengs in die meeste gebiede bevoordeel.
Figuur 1 Figuur 2 Figuur 3 Tabel 1Bredasdorp | Caledon | Caledon | Heidelberg | Riversdal | Swellendam | Riversdal | Piketberg | Malmesbury | Hopefield | Malmesbury | Porterville | |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Prinskraal | Dunghye P. | Protem | Voorstekop | Uitkyk | Napky | Tygerhoek | Pools | Langgewens | Koperf. | Schaapkr. | ||
Jan | 1.5 | 23.3 | 28.7 | 52.1 | 25.4 | 18.8 | 22.9 | 0 | 4.2 | 2.4 | 6.4 | 0.25 |
Feb | 6.4 | 12.7 | 2.79 | 9.91 | 11 | 3.8 | 14.7 | 0.3 | 4.6 | 4.6 | 5.3 | 9.65 |
Mar | 8.9 | 16.7 | 15.5 | 37.3 | 28.8 | 9.4 | 33.3 | 10.9 | 10 | 10.2 | 6.9 | 33.5 |
Apr | 6.9 | 21.6 | 11.4 | 22.4 | 6.8 | 6.4 | 18.1 | 19.8 | 32.6 | 21.4 | 35.3 | 21.8 |
Mei | 21.1 | 38.4 | 18.0 | 18.8 | 12.6 | 12.0 | 21.8 | 27.7 | 59.8 | 55.6 | 88.9 | 89.2 |
Jun | 32 | 70.1 | 22.9 | 31.0 | 18.2 | 20.3 | 37.6 | 38.9 | 87.6 | 63.8 | 60.2 | 85.3 |
Jul | 40.4 | 87.4 | 29.0 | 38.4 | 14.8 | 23.6 | 52.6 | 40.6 | 33.2 | 39.4 | 43.2 | 64.8 |
Aug | 67.6 | 74.4 | 42.7 | 47.8 | 30.6 | 24.4 | 42.4 | 27.4 | 49.4 | 42.6 | 56.4 | 58.7 |
Sep | 95 | 51.3 | 63.5 | 86.8 | 68.6 | 48.0 | 72.4 | 34.1 | 46 | 44.4 | 47.5 | 94.5 |
Okt | 8.1 | 29.5 | 6.9 | 16 | 12.4 | 6.4 | 14.8 | 7.6 | 6.2 | 7.2 | 7.37 | 8.1 |
Apr-Okt | 271 | 373 | 194 | 261 | 164 | 141 | 260 | 196 | 315 | 274 | 339 | 422 |
Die gemiddelde maksimum temperatuur by Tygerhoek was regdeur die groeiseisoen bogemiddeld met die uitsondering van Augustus en September. By Langgewens in die Swartland het bo-gemiddelde temperature tydens Julie voorgekom. Dit het tot gevolg gehad dat sekere aanplantings vroeër as in 2017 geblom het (Langgewens 2 en Eendekuil 10 dae vinniger, terwyl ander weer langer geneem het om te begin blom (Porterville 21 dae, Philadelphia en Grasrug 14 dae stadiger).
Figuur 4Resultate
Die opbrengsresultate word opgesom in Tabel 2 en 3 vir die onderskeie gebiede. Die "Clearfield (CL)" en "Triasien tolerante (TT)"-cultivars se data is geskei van die konvensionele cultivars.
Die Swartlandproewe is gedurende die afgelope seisoen blootgestel aan gemiddelde vogtoestande tot baie droog in die Pools area. Min Sclerotinia het voorgekom in 2018. Swartstam infeksie is bepaal op al die proewe in die Swartland en daar was 'n 51% afname in vergelyking met die 2017 seisoen. Witblaarvlek het, soos die afgelope paar seisoene, by Grasrug voorgekom. Die insidensie was egter veel hoër as in 2016 of 2017. In die Swartland was die gemiddelde opbrengste 2 113kg ha-1 teenoor 1 777kg ha-1 en 2 746kg ha-1 in 2017 en 2016 onderskeidelik.
Al die proewe, met die uitsondering van saaityd 2 op Langgewens (28 Mei), is tussen 2 Mei en 11 Mei geplant. Die proewe by Pools, Eendekuil en Porterville het eers einde van Mei begin ontkiem na voldoende reën. Die proefgemiddeldes vir die Swartland het gewissel tussen 618kg ha-1 vir Pools en 3 450kg ha-1 vir Langgewens.
Die konvensionele cultivar Diamond (2 505kg ha-1) was die cultivar met die hoogste opbrengs in die Swartland. Diamond se opbrengs was betekenisvol hoër as die nuwe cultivar, Quartz (2 309kg ha-1) in die 2de plek. Die opbrengs van CB Agamax (2 142kg ha-1) en CB Tango (2 126kg ha-1) was betekenisvol laer as dié van Diamond en Quartz.
Die CL-cultivar met die hoogste opbrengs in sy groep was 44Y89 (2 360kg ha-1) gevolg deur 43Y92 (2 356kg ha-1) en 44Y90 (2 326kg ha-1). Die opbrengs van die drie cultivars het nie betekenisvol verskil nie. Die res van die CL-cultivars se opbrengs was betekenisvol laer as 44Y89, 43Y92 en 44Y90.
Daar is twee nuwe TT-cultivars die afgelope seisoen getoets, naamlik Hyola 350TT (2 200kg ha-1) en Hyola 650 TT (1 883kg ha-1). Hyola 350TT was ook die TT-cultivar met die hoogste gemiddelde opbrengs in die Swartland. Die opbrengs was betekenisvol beter as Alpha TT (2 037kg ha-1) in die 2de plek. Alpha TT (AG4510 TT) was die hoogste produseerder in 2017. Alpha TT is gevolg deur 'n nuwe cultivar, Hyola 559TT (1 924kg ha-1), Hyola 555 TT (1 888kg ha-1) en nog 'n nuwe cultivar, Hyola 650 TT (1 883kg ha-1).
Die gemiddelde opbrengs van die TT-cultivars in 2018 was 12.7% laer in vergelyking met die konvensionele cultivars. In die 2017 en 2016 seisoene was die opbrengs 9.8% en 13% laer. Die CL-cultivars se opbrengs was gemiddeld 12kg ha-1 hoër as die opbrengs van die konvensionele groep cultivars.
In die Rûens (Tabel 3) het die proefgemiddeldes gewissel tussen 3 008kg ha-1 op Klipdale en 1 704kg ha-1 op Tygerhoek se 2de saaidatum. Die gemiddelde opbrengs was 2 270kg ha-1 teenoor 2 240 ha-1 in 2017 en 2 885kg ha-1 in 2016.
Die konvensionele cultivar Quartz (2 733kg ha-1) het die hoogste gemiddelde opbrengs in die konvensionele groep en in die Suid-Kaap as geheel gelewer. Dit is gevolg deur Diamond (2 452kg ha-1) wat in 2017 die hoogste opbrengs gelewer het. Diamond se opbrengs was betekenisvol laer as dié van Quartz. Diamond is gevolg deur Hyola 50 en CB Agamax maar die opbrengste was nie betekenisvol laer nie.
Die CL-cultivar met die hoogste opbrengs in die Suid-Kaap was 44Y90 (2 688kg ha-1). Die cultivar 43Y92 (2 557kg ha-1) was 2de binne die CL-groep en die opbrengs was nie betekenisvol laer nie. In die 3de plek was 45Y91 (2 367kg ha-1) gevolg deur 44Y89 (2 359kg ha-1). Laasgenoemde cultivar het nie betekenisvol van 43Y92 verskil nie.
In die TT-groep het Alpha TT (2 497kg ha-1) 'n betekenisvolle hoër opbrengs gelewer as die ander TT-cultivars. Alpha TT is gevolg deur Hyola 350TT (2 208kg ha-1) en Hyola 650 TT (2 070kg ha-1) in die 3de plek.
Die gemiddelde opbrengs van TT-cultivars was 9.3% laer as die konvensionele cultivars. In 2017 was die verskil 9% teenoor 14.2% in 2016. Die gemiddelde opbrengs van TT-cultivars was 9.9% laer as die CL-cultivars. Die CL- en konvensionele cultivars het gemiddeld met slegs 15kg ha-1 in opbrengs verskil. Soos in die Swartland, het die CL-cultivars ook hier ietwat beter gevaar.
Tabel 2Langgewens 1 | Langgewens 2 | Eendekuil | Grasrug | Philadelphia | Pools | Porterville | Swartland | |||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
9 Mei | 28 Mei | 3 Mei | 15 Mei | 11 Mei | 3 Mei | 4 Mei | ||||||||||
Diamond | 4018 | a | 2903 | ab | 1839 | a | 2607 | a | 2578 | bcdef | 915 | a | 2357 | ab | 2505 | a |
Quartz | 3789 | abc | 2728 | abcd | 1706 | abc | 2066 | bcdef | 2196 | fg | 937 | a | 2157 | ab | 2309 | b |
CB Agamax | 3497 | bcdef | 2698 | abcde | 1249 | defg | 2603 | a | 2732 | abcde | 468 | efg | 1903 | ab | 2142 | cd |
CB Tango | 3421 | bcdef | 2730 | abcd | 1712 | abc | 2332 | abcde | 1851 | g | 677 | c | 1777 | b | 2126 | cd |
Hyola 50 | 3646 | abcd | 2539 | cdef | 1298 | cdefg | 1854 | efg | 2452 | def | 495 | defg | 1897 | ab | 2104 | cd |
Belinda | 3285 | def | 2582 | bcde | 1226 | efg | 2087 | bcdef | 2589 | bcdef | 582 | cdef | 1914 | ab | 2025 | de |
Konv. gem. | 3609 | 2697 | 1505 | 2258 | 2400 | 679 | 2001 | 2202 | ||||||||
44Y89 | 3822 | ab | 2896 | ab | 1656 | abcde | 2438 | abc | 2997 | ab | 831 | ab | 2345 | ab | 2360 | ab |
43Y92 | 3657 | abcd | 2665 | abcde | 1670 | abcd | 2412 | abcd | 3076 | a | 683 | bc | 2474 | a | 2356 | ab |
44Y90 | 3776 | abc | 2953 | a | 1597 | abcdef | 2512 | ab | 2926 | abc | 630 | cd | 2359 | ab | 2326 | b |
45Y91 | 3634 | abcde | 2628 | abcde | 1211 | fg | 2286 | abcdef | 2894 | abcd | 430 | fg | 2178 | ab | 2135 | cd |
Hyola 575 CL | 3336 | cdef | 2631 | abcde | 1531 | abcdef | 2171 | abcdef | 2298 | efg | 707 | bc | 2067 | ab | 2111 | cd |
Hyola 577 CL | 3294 | def | 2625 | abcde | 1176 | fg | 1543 | g | 2233 | fg | 385 | g | 1900 | ab | 2000 | de |
CL gem. | 3586 | 2733 | 1473 | 2227 | 2738 | 611 | 2220 | 2214 | ||||||||
Hyola 350 TT | 3442 | bcdef | 2863 | abc | 1747 | ab | 2065 | bcdef | 2521 | cdef | 712 | bc | 2087 | ab | 2200 | bc |
Alpha TT | 3343 | cdef | 2369 | efg | 1446 | abcdef | 1933 | defg | 2712 | abcde | 631 | cd | 2188 | ab | 2037 | de |
Hyola 559 TT | 3159 | efg | 2235 | fg | 1382 | bcdefg | 1925 | wfg | 2347 | ef | 605 | cde | 1951 | ab | 1924 | e |
Hyola 555 TT | 3147 | fg | 2079 | g | 1245 | defg | 1835 | fg | 2441 | def | 587 | cde | 1811 | b | 1888 | e |
Hyola 650 TT | 3026 | fg | 2421 | def | 970 | g | 1976 | cdefg | 2210 | fg | 458 | efg | 2132 | ab | 1883 | e |
Atomic HT | 2805 | g | 2044 | g | 1173 | fg | 1823 | fg | 2704 | abcde | 385 | g | 112 | c | 1599 | f |
TT gem. | 3154 | 2335 | 1327 | 1926 | 2489 | 563 | 1880 | 1922 | ||||||||
Proef gem. | 3450 | 2588 | 1435 | 2137 | 2542 | 618 | 2034 | 2113 | ||||||||
kv | 8.32 | 7.57 | 17.77 | 13.3 | 10.77 | 14.97 | 17.7 | 12.35 | ||||||||
kbv | 477 | 334 | 431 | 486 | 461 | 153 | 614 | 160 |
Cultivars gemerk met dieselfde letter verskil nie betekenisvol van mekaar nie.
Tabel 3Klipdale | Napier | Riversdal | Swellendam | Tygerhoek 2 | Suid-Kaap | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
19 April | 19 April | 24 April | 20 April | 16 Mei | ||||||||
Quartz | 3284 | ab | 2901 | a | 2714 | a | 2643 | a | 1934 | bcd | 2733 | a |
Diamond | 3197 | bcd | 2472 | abc | 2424 | ab | 2102 | bcdefg | 1944 | bc | 2452 | cde |
Hyola 50 | 2832 | cde | 2512 | abc | 2046 | cdefg | 2544 | ab | 1628 | cdef | 2316 | defg |
CB Agamax | 2949 | bcde | 2551 | ab | 2096 | bcdefg | 2053 | cdefg | 1657 | bcde | 2265 | efgh |
Belinda | 2954 | bcde | 2575 | ab | 1866 | fg | 1894 | defgh | 1938 | bcd | 2206 | fghi |
CB Tango | 2810 | de | 2044 | c | 2111 | bcdef | 1662 | gh | 1781 | bcd | 2102 | hijk |
Konv. gem. | 3004 | 2509 | 2209 | 2150 | 1814 | 2346 | ||||||
44Y90 | 3674 | a | 2642 | ab | 2320 | bcde | 2453 | abc | 2487 | a | 2688 | ab |
43Y92 | 3108 | bcd | 2946 | a | 2399 | abc | 2227 | abcde | 2173 | ab | 2557 | abc |
45Y91 | 2975 | bcde | 2356 | bc | 2291 | bcde | 2329 | abcd | 1718 | bcde | 2367 | cdef |
44Y89 | 3204 | bcd | 2445 | abc | 2337 | bcd | 2040 | cdefg | 1574 | cdef | 2359 | def |
Hyola 577 CL | 2762 | de | 2356 | bc | 1770 | fg | 2257 | abcde | 1588 | cdef | 2130 | ghij |
Hyola 575 CL | 2793 | de | 2272 | bc | 1919 | fg | 1858 | efgh | 1427 | cdef | 2066 | ijk |
CL gem. | 3086 | 2503 | 2172 | 2194 | 1828 | 2361 | ||||||
Alpha TT | 3303 | ab | 2609 | ab | 2426 | ab | 2173 | bcdef | 1855 | bcd | 2497 | bcd |
Hyola 350 TT | 3263 | abc | 2482 | abc | 1870 | fg | 1775 | fgh | 1778 | bcd | 2208 | fghi |
Hyola 650 TT | 2837 | cde | 2293 | bc | 2020 | defg | 1938 | defg | 1194 | ef | 2092 | hijk |
Hyola 559 TT | 2625 | e | 2384 | bc | 1963 | efg | 2035 | cdefg | 1108 | f | 2054 | ijk |
Atomic HT | 2634 | e | 2030 | c | 1799 | fg | 1993 | defg | 1409 | def | 1985 | jk |
Hyola 555 TT | 2939 | bcde | 2031 | c | 1743 | g | 1450 | h | 1486 | cdef | 1929 | k |
TT gem. | 2933 | 2305 | 1970 | 1894 | 1472 | 2128 | ||||||
Proef gem. | 3008 | 2439 | 2117 | 2079 | 1704 | 2270 | ||||||
kv | 8.91 | 12.48 | 10.19 | 12.78 | 18.75 | 0.04 | ||||||
kbv | 444.9 | 505.1 | 358.1 | 446.5 | 530.5 | 105.4 |
Cultivars gemerk met dieselfde letter verskil nie betekenisvol van mekaar nie.
Aspekte wat die keuse van canola cultivars vir 2019 kan beïnvloed
PJA Lombard, L Smorenburg en Dr J Strauss
Belangrik
Die seisoen bepaal die spoed van fisiologiese ontwikkeling. Die Swartland se gemiddelde aantal dae tot blom per proef, het in 2018 gewissel van 67 tot 90 dae. Die Swartland en Suid-Kaap verskil gevolglik ook jaarliks. Wat belangrik is, dat cultivars meestal hul posisie ten opsigte van ander cultivars behou. Vinnige cultivars bly vinnig en stadige cultivars bly stadig. In Tabel 1 word die cultivar-eienskappe van al die plaaslik getoetste cultivars opgesom. Wanneer produsente ʼn keuse maak is dit belangrik dat ʼn paar eienskappe in gedagte gehou word, naamlik:
- Is die saad van die cultivar van u keuse beskikbaar?
Indien ek 'n tweede of derde keuse cultivar moet plant, wat is die opbrengsverwagting teenoor die eerste keuse. Is dit 'n beproefde cultivar (reeds voorheen in die nasionale cultivarproewe getoets)? Opbrengspotensiaal en opbrengs oor jare is opgesom in Tabel 2 en 3. Dit is die ideaal om na meer as een jaar se data te kyk. Dit is ook belangrik om te kyk hoe die cultivar in die Swartland en Suid-Kaap presteer het, dit dui op aanpasbaarheid. Dit kan bestuursbesluite beïnvloed.
- Oopbestuifde cultivars is byna nie meer beskikbaar nie. Daar word nie aanbeveel dat produsente die saad van bastercultivars terug hou nie. Laasgenoemde praktyk het laer opbrengste tot gevolg en plante wat baie oneweredig ryp word.
- Fisiologiese ontwikkelingstempo en veral die aantal dae tot blom en tydperk van blom is belangrik. In die Rûens is daar soms vroeg vog beskikbaar. Wanneer vroeg (begin April) geplant word is dit raadsaam om cultivars te kies met 'n effens langer groeiseisoen, vinnige cultivars kan te vroeg gesaai word. In areas waar die reën normaalweg vroeg afsny, moet verkieslik kort groeiseisoen cultivars geplant word (Tabel 1).
- Onkruid met weerstand kan die tipe cultivar bepaal. Die konvensionele- en CL-cultivars is baie groeikragtig en waar die stand goed genoeg is help dit baie met die onderdrukking van onkruid. Produsente moet vooraf deeglike beplanning doen en onkruidgeskiedenis in ag neem alvorens op 'n cultivar besluit word. Die chemiese onkruiddoder-program vir die jaar word bepaal deur die tipe cultivar (konvensioneel, TT en CL). Die moontlikheid van groep 2 onkruiddoder (SU's) oordrag kan ook die keuse van cultivar beïnvloed.
- Konvensionele en CL-cultivars is meer groeikragtig as TT-cultivars. Die gemiddelde opbrengs van eersgenoemde groepe was nagenoeg 10-15% hoër as die TT-groep.
- Siektes:
- Dit word aanbeveel dat produsente in gebiede met 'n hoë swartstamrisiko, cultivars aanplant met goeie swartstamweerstand (Tabel 1 en Canolafokus 51). Die voorkoms van swartstam in 2018 was in die Swartland 51.2% laer in die ooreenstemmende proewe as in 2017. Dit word aanbeveel om cultivars met verskillende weerstandsgene af te wissel.
- Min Sclerotinia het in 2018 voorgekom, maar die verspreidingsgebied van die siekte in die Swartland het egter vergroot in 2018. Sclerotinia is 'n siekte wat algemeen in die Rûens voorkom en geen cultivar het weerstand nie. Die sclerosums, wat as bron van besmetting dien, bly vir 'n paar seisoene in die grond en die siekte sal dus weer voorkom as die klimaat meer gunstig is daarvoor. Die siekte moet bestuur word (sien Canolafokus 63).
Inligting en eienskappe van die cultivars word opgesom in Tabel 1. Die inligting sluit in dae tot blom en tydperk van blom, sowel as opbrengspotensiaal, wat nuut bygevoeg is. Die swartstamindeks word in twee kolomme verdeel. Die 2de kolom gee die swartstamindeks nadat saad met die saadbehandelingsmiddel Jockey® of Galmano behandel is. Waar internasionale inligting nie beskikbaar is vir spesifieke cultivars nie, is plaaslike data gebruik. Die laaste kolom dui die weerstandsgene aan van die cultivars met die beste swartstamweerstand.
Die opbrengs per cultivar, uitgedruk as persentasie van die area gemiddeld vir 2016 tot 2018, word opgesom in Tabel 2 en 3. Veertien van die 16 cultivars in 2018 was vir twee of meer seisoene getoets.
In die Swartland het die konvensionele cultivar Diamond (114%) en die CL-cultivar 44Y90 (113%) die hoogste gemiddelde persentasie opbrengs oor die afgelope twee seisoene gelewer. Die TT-cultivar met die hoogste persentasie opbrengs vir 2017 en 2018 in die Swartland was Alpha TT (96%) gevolg deur Hyola 555 en Hyola 559 en Hyola 650. Die cultivars wat die beste oor drie seisoene in hul onderskeie groepe gevaar het was Diamond (konvensioneel), 44Y90 (Cl) en 44Y89.
In die Rûens het die CL-cultivar 44Y90 (113%), gevolg deur die konvensionele cultivar Diamond (110.9%) die hoogste gemiddelde persentasie opbrengs oor die afgelope twee seisoene gelewer. Die TT-cultivar met die hoogste persentasie opbrengs vir 2017 en 2018 in die Rûens was Alpha TT (106%) gevolg deur Hyola 650 TT (93%) en Hyola 559 TT (92%). Die cultivars wat die beste oor drie seisoene in hul onderskeie groepe gevaar het was Diamond (konvensioneel), 44Y90 (Cl) en Hyola 559 (TT).
Cultivar | Tipe | Jaar 1ste toets | Dae tot blom: Rûens |
Dae tot blom: Swartland |
Groeiperiode: Dae tot blom 2017 en 2018 |
Dae tot eind- blom (Lang.) 2017 en 2018 |
Opbrengs (% van proef- gem) Swart- land 2017-18 |
Opbrengs (% van proef- gem) Rûens 2017-18 |
Swartstam indeks# | Swart- stam indeks + Jockey |
Swartstam weer- standsgroep# |
|
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
CB Agamax | Konv. | Agricol | 2008 | 99 | 77 | med. vroeg | med. vroeg | 100 | 99 | mv2014 | mw2014 | AB |
Hyola 50 | Konv. | K2 Seed | 2009 | 103 | 86 | med. | laat | 100 | 100 | w2016 | w2016 | AD |
CB Tango | Konv. | Agricol | 2013 | 84 | 70 | vroeg | vroeg | 103 | 98 | mv2014 | mw2014 | B |
Belinda | Konv. | Bayer | 2014 | 100 | 81 | med. | laat | 99 | 98 | – | ws | – |
Diamond | Konv. | Agricol | 2015 | 86 | 68 | vroeg | vroeg | 114 | 113 | mw2017 | – | ABF |
Quartz | Konv. | Agricol | 2018 | 101 | 80 | – | – | 1102018 | 1202018 | w2018 | – | ABD |
Hyola 575 CL | CL | K2 Seed | 2011 | 101 | 79 | med. | med. | 101 | 94 | w2017 | w2015 | BF |
44Y89 CL | CL | Pioneer | 2014 | 96 | 77 | med. vroeg | med. vroeg | 110 | 106 | mw2017 | w2017 | BC |
Hyola 577 CL | CL | Barenbr. | 2014 | 107 | 85 | laat | laat | 95 | 94 | w2016 | w2015 | B |
44Y90 CL | CL | Pioneer | 2016 | 98 | 79 | med. | med. vroeg | 113 | 116 | w-mw2017 | w2017 | B |
45Y91 CL | CL | Pioneer | 2016 | 107 | 88 | laat | med. | 103 | 105 | mw2017 | w2017 | B |
43Y92 | CL | Pioneer | 2017 | 95 | 80 | med. vroeg | med. vroeg | 101 | 111 | w-mw2017 | w2017 | B |
CB Atomic HT | TT | Agricol | 2013 | 99 | 80 | med. | med. | 82 | 89 | mv2015 | mw2015 | AB |
Hyola 555 TT | TT | K2 Seed | 2011 | 93 | 76 | med. vroeg | med. vroeg | 92 | 88 | mW2014 | w2014 | D |
Hyola 559 TT | TT | Barenbr. | 2014 | 97 | 80 | med. vroeg | med. | 91 | 92 | w-mw2017 | – | ABD |
Hyola 650 TT | TT | Barenbr. | 2017 | 97 | 84 | med. | laat | 91 | 93 | w2017 | – | ABD |
Alpha TT | TT | Agricol | 2017 | 88 | 72 | med. vroeg | med. | 96 | 106 | w2017 | w2018 | BF |
Hyola 350 TT | TT | K2 Seed | 2018 | 88 | 72 | – | – | 1042018 | 972018 | w2017 | – | ABDF |
w = weerstand | mw = matige weerstand | mv = matig vatbaar | v = vatbaar
# Data verkry vanuit Australië in "Blackleg Management Guide Fact Sheet – Western and Southern Regions" (2014-2017).
Swartland swartstamdata (s) is gebruik waar geen ander data beskikbaar is nie.
2016 | 2017 | 2018 | 2016-2018 | 2017-2018 | |||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Diamond | 113 | 108 | 119 | 116 | 1 | 114 | 1 |
Belinda | 101 | 103 | 96 | 102 | 5 | 99 | 5 |
CB Tango | 103 | 105 | 101 | 106 | 2 | 103 | 2 |
Hyola 50 | 102 | 100 | 100 | 103 | 4 | 100 | 4 |
CB Agamax | 102 | 98 | 102 | 103 | 3 | 100 | 3 |
Quarts | 110 | ||||||
Konv. Gem. | 104 | 103 | 103 | 106 | 103 | ||
44Y90 | 106 | 114 | 110 | 1 | 113 | 1 | |
45Y91 | 110 | 104 | 101 | 108 | 3 | 103 | 4 |
Hyola 577 CL | 90 | 95 | 95 | 95 | 5 | 95 | 6 |
44Y89 | 105 | 106 | 112 | 110 | 2 | 110 | 2 |
Hyola 575 CL | 96 | 100 | 100 | 101 | 4 | 101 | 5 |
43Y92 | 105 | 112 | 109 | 3 | |||
CL Gem. | 101 | 104 | 105 | 105 | 105 | ||
Hyola 559 TT | 91 | 90 | 91 | 93 | 1 | 91 | 4 |
CB Atomic HT | 90 | 89 | 76 | 88 | 3 | 82 | 5 |
Hyola 555 TT | 91 | 94 | 90 | 93 | 1 | 92 | 2 |
Hyola 650 TT | 93 | 89 | 82 | 4 | 91 | 3 | |
Alpha TT | 95 | 97 | 96 | 1 | |||
Hyola 350 | 104 | ||||||
TT Gem. | 91 | 92 | 91 | 88 | 91 |
2016 | 2017 | 2018 | 2016-2018 | 2017-2018 | |||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Diamond | 114 | 116 | 108 | 115 | 1 | 113 | 1 |
Belinda | 111 | 98 | 97 | 105 | 5 | 98 | 5 |
CB Tango | 92 | 102 | 92 | 97 | 2 | 98 | 2 |
Hyola 50 | 91 | 98 | 102 | 98 | 4 | 100 | 4 |
CB Agamax | 102 | 98 | 99 | 102 | 3 | 99 | 3 |
Quarts | 120 | ||||||
Konv. Gem. | 102 | 102 | 100 | 103 | 102 | ||
44Y90 | 111 | 112 | 118 | 116 | 1 | 116 | 1 |
45Y91 | 116 | 106 | 104 | 112 | 3 | 105 | 4 |
Hyola 577 CL | 96 | 93 | 93 | 96 | 5 | 94 | 6 |
44Y89 | 109 | 106 | 104 | 109 | 2 | 106 | 2 |
Hyola 575 CL | 96 | 95 | 91 | 96 | 4 | 94 | 5 |
43Y92 | 109 | 112 | 111 | 3 | |||
CL Gem. | 106 | 104 | 104 | 106 | 104 | ||
Hyola 559 TT | 86 | 92 | 90 | 91 | 1 | 92 | 4 |
CB Atomic HT | 89 | 89 | 87 | 90 | 2 | 89 | 5 |
Hyola 555 TT | 87 | 90 | 85 | 89 | 3 | 88 | 2 |
Hyola 650 TT | 93 | 92 | 86 | 4 | 93 | 3 | |
Hyola 350 | 97 | ||||||
TT Gem. | 87 | 93 | 93 | 91 | 93 |
Enquiries / Navrae
Directorate Plant Sciences, Department of Agriculture Western CapeDirektoraat Plant Wetenskappe, Wes-Kaapse Departement van Landbou
Private Bag/Privaatsak X1, Elsenburg 7607 T. 021 808 5321 E. piet.lombard@westerncape.gov.za
Editors / Redaksie
PJA Lombard J Bruwer Franco le RouxSponsored by the Protein Research Foundation
Geborg deur die Proteïennavorsingstigting