Notule

Canola- en Lupienwerkgroepvergadering

gehou op 30 November 2006 te Elsenburg



  1. Opening en verwelkoming

    Dr De Kock open die vergadering met gebed. Dr Griessel neem waar as Voorsitter en verwelkom almal teenwoordig.

  2. Presensie

    Teenwoordig

    Dr M Griessel PNS (Waarnemende Voor­sitter)
    Dr J de Kock PNS
    Mnr H Agenbag PNS Wes-Kaap
    Mnr P Lombard DLWK
    Mnr H Cerfonteyn DLWK
    Mnr C van Rooyen DLWK Caledon
    Mnr I Slabbert DLWK Moorreesburg
    Mnr G Conradie DLWK Moorreesburg
    Mnr W Hoffmann DLWK
    Me A Swanepoel DLWK
    Me L Smorenburg DLWK
    Dr T Brand DLWK
    Dr M Hardy DLWK
    Mnr D Koch CBK
    Mnr A Haasbroek Kaap Agri
    Mnr JJ Bruwer SSK
    Mnr P Laubscher Overberg Agri
    Mnr J Lusse Overberg Agri
    Mnr JJ Bester GSA
    Mnr C Cumming Bayer Crop Science
    Mnr J McDermott Du Pont
    Mnr H Kotzé Nova Voere
    Mnr L Swartz Canola Saad Produkte
    Dr N Kotzé Agricol
    Dr G Tribe LNR-NIPB
    Dr S Lamprecht LNR-NIPB
    Dr A Nel LNR-IGG
    Me L van Zyl Sekretariaat

    Verskonings

    Mnr GJH Scholtemeijer Voorsitter
    Dr I Trautmann DLWK
    Dr J Booysen DLWK
    Mnr G van Coller DLWK
    Prof A Agenbag US
    Mnr JCG van Niekerk MKB
    Mnr J Loubser Nova Voere
    Mnr N Hawkins GSA
    Mnr S van Zyl GSA
    Mnr P Fouché K2 Saad
    Me A Enslin SAGIS
    Me R Beukes NDL - NOK
    Me F Ferguson NDL - NOK
    Dr J Pieterse US
    Mnr K Schonken GSA
    Mnr K Becker SOILL
    Mnr N Murray Canola Saad Produkte
  3. Personalia

    Geen.

  4. Vasstelling van sakelys

    • 11.2Studietoer na Australië
  5. Notule van die vorige vergadering

    Die notule van die vergadering gehou op 17 Augustus 2006 word goedgekeur.

  6. Algemene oorsig

    1. Winterreënvalstreek

      1. Canola

        Swartland / Suid-Kaap

        Die oes was bevredigend alhoewel die opbrengs baie van streek tot streek gewissel het en kleiner was as wat aanvanklik verwag is. Weens die koeler weer tydens oestyd, moes platgesnyde canola langer lê voordat dit opgetel kon word. Canola het oor die algemeen die reën in oestyd beter as ander grane hanteer. Van die oorspronklike aanplantings is baie vir weiding gebruik.

        Die volgende gemiddelde opbrengs per hektaar het in die onderskeie streke gerealiseer:

        Streek Opbrengs Ontvang tot op datum
        SSK 1,25 ton/ha 13 259 ton
        Overberg Agri 1,4 ton/ha 10 400 ton
        Tygerhoek proewe 1,4 ton/ha
        MKB 1,2 ton/ha 1 800 ton
        Overberg Agri 1,1 ton/ha 7 600 ton
        Langgewens proewe 1,4 ton/ha

        Min insekprobleme is ondervind, maar kommer word uit­gespreek oor Sclerotinia en stamboorders wat in die Suid-Kaap voorgekom het. Tot op datum is daar geen beheer­maatreëls (anders as biologiese beheer) vir stamboorders beskikbaar nie.

        Daar word besluit dat

        • die inligting (oor voorkoms van stamboorders) beskik­baar uit die navorsingswerk wat deur Me Kellerman (DLWK) gedoen is, saamgevat en beskikbaar gemaak moet word; en
        • Dr Tribe die voorkoms en moontlike beheermaatreëls teen stamboorders sal navors en aan die vergadering terug­rapporteer.

        Dr Tribe
        Dr Lamprecht

        Oos-Kaap

        Volgens inligting is daar ongeveer 600 ha geplant. Die PNS bly in gesprek met die betrokkenes en vordering sal rapporteer word.

      2. Lupiene

        Swartland / Suid-Kaap

        Dit was oor die algemeen 'n goeie jaar vir lupiene, alhoewel meer Sclerotinia waargeneem is. Sekere gebiede het skade gely weens te veel reën. Die totale opbrengs is nog nie bekend nie, maar die gemiddelde opbrengs per hektaar word rapporteer:

        Langgewens 1,5 ton/ha
        Kaap Agri 1 ton/ha
        MKB 1,5 ton/ha
        Overberg Agri 1,5 ton/ha
        SSK 1,5 ton/ha

        Die gebrek aan 'n mark vir lupiene raak 'n probleem, wat soetlupien produksie in die toekoms gaan beperk. Die afgelope seisoen was daar 'n toename in bitterlupien produksie vir eie gebruik op die plaas.

        Besluit dat

        • Dr Lamprecht versoek word om inligting oor die behandeling van Sclerotinia te versamel en aan die Werkgroep te rapporteer; en
        • daar oor verdere optrede ten opsigte van die voorkoms en beheer van Sclerotinia besin moet word.

        Dr Lamprecht

    2. Somerreënvalstreek

      Geen kommersiële aanplantings is in die somerreënval gebied gemaak nie. Dit was nogtans 'n goeie jaar vir canolaverbouing. Die rol van temperatuur in canola­verbouing moet nie buite rekening gelaat word nie.

      Dr Nel

    3. Weervooruitskatting

      Mnr Cerfonteyn verskaf die weervooruitskouing vir die komende periode. Ondergemiddelde reënval word vir Desember tot Maart 2007 voorspel en vanaf April 2007 word bogemiddelde reënval voorspel.

      Mnr Cerfonteyn

    4. Oesskatting

      Neem kennis dat daar volgens die NOK se derde produksieskatting vir die 2006-seisoen 41 640 ton canola en 16 000 ton soetlupiene verwag word.

      Besluit dat die terugvoering insake die versoek dat die oppervlakte hawer en medics gesaai ook in die oesskatting ingesluit moet word, van die NOK afgewag word.

      Me Beukes

    5. SAGIS Inligting

      Die jongste markinligting soos deur SAGIS verskaf is vir kennisname by die sakelys aangeheg.

      Neem kennis dat die CBK 'n versoek rig dat die invoer­pariteitsprys van canola ook in die SAGIS-graanmarkverslag weergegee moet word.

      Besluit dat daar met SAGIS onderhandel word oor die moontlikheid dat die invoerpariteitsprys van canola ter inligting van produsente ook in die SAGIS-graan­markverslag ingesluit moet word. Daar sal oor die mees praktiese prys (byvoorbeeld Australië of Kanada) besin moet word.

      Voorsitter

    6. Prysvooruitskatting

      Dr Griessel rapporteer oor die internasionale marksituasie.

      Wêreldvoorsiening en vraag van oliesade:

      2005/2006 2006/2007
      Openingsvoorraad 64,5 miljoen ton 70,6 miljoen ton
      Produksie 380,8 miljoen 385,5 miljoen
      Totale voorsiening 445,3 miljoen 456,1 miljoen
      Verbruik 374,7 miljoen 389,20 miljoen
      Eindvoorraad 70,6 miljoen 66,9 miljoen
      Voorraad / verbruik 18,8% 17,2%

      Die wêreldvoorraad van graan, dit wil sê mielies en koring is laag. Graanpryse styg, dit wil sê oliesade styg om mark te behou, graan meer krities as oliesade. Laer olie voorrade lei tot groter vraag na oliesade. Groter vraag na sojas as gevolg van skaarste aan vismeel.

      Die jongste gelande prys van sojaboon-oliekoek (47% proteïen) in Kaapstad beloop R2 092 / ton. Wisselkoers = R7.14

      1. Die afgeleide waarde van volvet canola is soos volg:

        Pluimvee (94%) R1 966
        Varke (100%) R2 092
        Suiwel (58%) R1 213

        Die relatiewe waarde van canola oliekoek is dus soos volg:

        Pluimvee (53%) R1 109
        Varke (65%) R1 360
        Suiwel (60%) R1 255
      2. Die relatiewe waarde van lupiene is soos volg

        L. albus (Esta) Pluimvee (75%)
        Suiwel (80%)
        R1 569
        R1 674
        L. angustifolious (Merrit) Pluimvee (53%)
        Suiwel (52%)
        R1 109
        R1 088
        L. luteus (Juno) Pluimvee (63%)
        Suiwel (73%)
        R1 318
        R1 527
      3. Produsentepryse

        Die volgende pryse het die afgelope seisoen gerealiseer:

        Canola SOILL
        Canola Saad Produkte
        R2 060 / ton
        R2 100 / ton
        Lupiene R1 000 / ton
  7. Navorsing

    1. Canola

      1. Nasionale cultivarproewe (winterreënvalstreek)

        1. Cultivarproewe Wes- en Suid-Kaap

          'n Opsomming van die 2005 data oor die olie- en ru-proteïeninhoud van canola in die Swartland en Suid-Kaap word aan die vergadering rapporteer en deur Mnr Lombard toegelig. In die Suid-Kaap het die olie-inhoud van 37.6% tot 33,6% gewissel terwyl dit effens laer in die Swartland was met 35,7% tot 30,7%. Die ru-proteïen varieer minder en wissel in beide gebiede slegs met 1,6%. Die Swartland het die hoogste gemiddelde ru-proteïeninhoud van 25,2% teenoor die Suid-Kaap se 23,7% realiseer.

          Die volgende gevolgtrekkings word rapporteer:

          • Cultivar speel 'n belangrike rol in opbrengs en olie-inhoud;
          • Omgewing speel 'n rol, gevolglik is Suid-Kaap meer gunstig vir olievorming;
          • Kg olie per hektaar word hoofsaaklik deur saad­opbrengs bepaal;
          • Gunstige klimaat gee 'n hoë opbrengs;
          • 'n Hoë opbrengs neig na hoër olie-inhoud.

          Neem kennis dat die CBK navraag omtrent die toets van olie-inhoud van canola en die faktore wat daarin 'n rol speel gedoen het.

          Uit die bespreking blyk dit dat verskeie faktore in interaksie met mekaar die olie en proteïeninhoud van canola bepaal, byvoorbeeld:

          • Omgewingsfaktore en gehalte van grond;
          • Bemesting toegedien vroeg in die plant se groei­stadium teenoor latere toediening;
          • Plantdatum – bepaal blomtyd;
          • Klimaatstoestande / temperatuur tydens blomtyd tot oestyd speel 'n rol.

          Besluit dat Dr Nel versoek word om 'n samevatting van die faktore wat 'n rol op olie-inhoud kan speel soos verkry uit sy navorsingsdata en uit literatuur ter inligting by 'n volgende vergadering aan die Werkgroep sal voorlê.

          Dr Nel
          Mnr Lombard

          Voorlopige statistieke ten opsigte van die opbrengs per cultivar in die 2006 cultivarproewe word ter inligting aan die vergadering verskaf.

          Besluit dat terugvoering oor die 2006 cultivarproewe by 'n volgende vergadering rapporteer sal word en volledige inligting in die Januarie uitgawe van die Canolafokus gepubliseer sal word.

          Mnr Lombard
          Redaksie

        2. Canola cultivaraanbevelings onder besproei­ing in die somerreënval gebied

          Dr Nel rapporteer dat die omstandighede die afgelope seisoen baie gunstig was, ten spyte van skade deur voëls en hael. Die proewe word tans geoes en resultate sal by 'n later geleentheid beskikbaar wees.

          Besluit dat terugvoering oor die 2006 proewe in die somerreënval area rapporteer sal word.

          Dr Nel

      2. Bemesting

        1. Terugvoering vanaf Bemestingtaakspan

          Neem kennis dat geen kommentaar op die bemestings­riglyne soos tydens die vorige vergadering voorgelê, ontvang is nie.

          Mnr Van Rooyen rapporteer oor die blaarontledings wat in die Suid-Kaap gedoen is. Daar is blaarmonsters van 22 lande ontleed, en geen tekorte is geïdentifiseer nie. Meeste van die blare het 'n hoë natrium inhoud gehad. Geen grondmonsters van die betrokke lande is ontleed nie.

          Daar word aanbeveel dat die grondmonsters ook ontleed word en met die blaarontledings vergelyk word.

          Daar is versoek dat Prof Agenbag binne sy navorsing ("Soil N as a norm for N-fertilization programmes of winter cereals in the Western Cape") grond- en blaarmonsters tydens verskillende groeistadiums van die plante moet neem en ontleed. Volgens die inligting wat daaruit verkry sal word, kan verdere aksies ten opsigte van spoor-elemente oor­weeg word.

          Besluit dat die ontleding van grond- en blaarmonsters by prof Agenbag (US) se stikstof-bemestingsproef ingesluit moet word en die resultate daaruit verkry met die resultate uit Dr Nel (somerreënvalstreek) se resultate gekoördineer word en verdere optrede na aanleiding daarvan oorweeg sal word.

          Prof Agenbag
          Dr Nel

        2. Wisselbou-projek somerreënval gebied

          Neem kennis dat afgesien daarvan dat die proef deur hael beskadig is, interessante (onverwagte) resultate behaal is. Die volledige resultate sal per dokument aan die Werk­groep rapporteer word.

          Besluit dat vordering met die wisselbou-projek in die somerreënval area rapporteer word soos die projek vorder.

          Dr Nel

      3. THRIP-projek

        Geen vordering word rapporteer nie. Besluit dat terug­voering oor die aanwending van die THRIP fondse rapporteer sal word.

        Prof Agenbag

      4. Saadbehandeling teen swamme en insekte by canola

        Geen vordering word rapporteer nie. Besluit dat daar by Syngenta omtrent die vordering met die registrasie van Cruiser as saadbehandelingsmiddel teen swamme en insekte navraag gedoen moet word en terugvoering rapporteer word.

        PNS Sekretaresse

    2. Lupiene

      1. Nasionale cultivarproewe

        'n Opsomming van die 2005 data oor die proteïen-inhoud van lupiene in die Swartland en Suid-Kaap word aan die vergadering rapporteer en deur Mnr Lombard toegelig.

        Die voorlopige opbrengste van die cultivars in die 2006 proewe word ter inligting aan die vergadering voorsien.

        Besluit dat resultate van die 2006 cultivarproewe by 'n volgende vergadering rapporteer sal word en in die Januarie uitgawe van die Lupino gepubliseer sal word.

        Mnr Lombard

      2. Saadbehandeling teen swamme en insekte by lupiene

        Neem kennis en besluit dat die saak as afgehandel beskou word.

    3. Weerstandbiedende raaigras

      Neem kennis dat die CBK hulle kommer uitspreek oor die feit dat die raaigras-probleem onrusbarende afmetings aanneem, en versoek dat die Weerstandbiedendheids­werkgroep dringend die probleem moet aanspreek en terugvoering aan die bedryf kommunikeer.

      Volgens die Werkgroep is Dr Pieterse (US) in die proses om 'n navorsingstrategie ten opsigte van raaigrasweerstand­biedendheid saam te stel. 'n Simposium oor Onkruid­weerstand word vir 2007 beplan.

      Produsente word intussen aangeraai om die reeds bekende teen-weerstandstrategieë (kombinasie tussen chemiese beheer, veefaktor, wisselboustelsels) toe te pas. Verwys ook na die September uitgawe van Canolafokus.

      Besluit dat terugvoering insake die navorsingstrategie ten opsigte van raaigrasweerstandbiedendheid van die Werk­groep afgewag word.

      Me Swanepoel

    4. Pes- en plaagbeheer

      1. Stoppelbestuur van canola / swartstam

        Besluit dat vordering met die Swartstam-projekte rapporteer sal word soos dit beskikbaar raak en die saak voorlopig daar gelaat word.

      2. Voorkoms en monitering van bogrondse insekte, plae, slakke en bolwurms

        Neem kennis en besluit dat die werksaamhede van die Werkgroep vir beter vestiging van canola voorlopig gestaak word.

      3. Monitering van insekte op canola

        Daar word kennis geneem van die vorderingsverslag deur Dr Tribe insake die projek oor insekte op canola.

        Besluit dat Dr Tribe verdere inligting by 'n volgende vergadering sal rapporteer.

        Dr Tribe

        Neem kennis en besluit dat Dr Hardy die voorkoms van duine slakke by die Swellendam proefperseel en in die Heidelberg area direk met Dr Tribe sal opvolg.

        Dr Hardy
        Dr Tribe

    5. Biobrandstowwe

      Geen verdere inligting is beskikbaar nie.

      Besluit dat vordering insake moontlike vervaardiging van biobrandstowwe uit graan rapporteer sal word soos die proses vorder.

      Voorsitter
      Dr Troskie (DLWK)

    6. Navorsingsprojekte

      Daar word kennis geneem van die navorsingsprojekte wat deur PNS gefinansier word - soos by die sakelys aangeheg.

    7. Projekte: DLWK

      Neem kennis van die navorsingsprojekte wat deur die DLWK uitgevoer word soos by die sakelys aangeheg.

  8. Tegnologie-oordrag

    1. Canolafokus

      Die jongste uitgawe het in September verskyn. Besluit dat die volgende vir publikasie in volgende uitgawes oorweeg word, naamlik:

      • Terugvoering van cultivarproewe 2006;
      • Insekte op canola: Terugvoering van Dr Tribe se proef;
      • Dr Griessel se verslag van studie reis.

      Verskeie opsies hoe die nuusbrief direk aan individuele produsente gepos of e-pos kan word, word oorweeg.

      Agricol sal die moontlikheid om met die versending van die posstukke behulpsaam te wees, ondersoek.

      Besluit dat

      • moontlikhede hoe die Canolafokus direk aan indivi­duele produsente versend kan word verder ondersoek moet word; en
      • die moontlikheid dat Agricol kan help met die versprei­ding van die nuusbriewe ondersoek moet word.

      Redaksie
      PNS
      Dr Kotzé

    2. Lupino

      Neem kennis dat die jongste uitgawe in September verskyn het en dat die resultate van die cultivarproewe in die Januarie uitgawe gepubliseer sal word.

      Redaksie

    3. Inligtingsdae 2007

      13 Maart SKOG Voorsaai Inligtingsdag
      9-11 Augustus Canolafees, Swellendam / CBK Boeredag sal hiermee saamval
      29-31 Augustus Agri Megaweek Bredasdorp

      Neem kennis dat die PNS genooi word om hulle Augustus vergadering te skeduleer vir die week van die Canolafees.

      Besluit dat die versoek om die Augustus vergadering datum te verander deur die PNS bestuur oorweeg sal word. Terugvoering word afgewag.

      PNS

    4. Kommunikasie van navorsingsresultate

      Neem kennis dat die PNS nog oor die versoek insake die effektiewe kommunikasie van navorsingsresultate moet besin.

      Besluit dat terugvoering oor die versoek aan die PNS insake die verspreiding van navorsingsresultate in produsent-vriendelike formaat afgewag word.

      Voorsitter

  9. Behoeftes van

    1. Mark – Canola

      1. Statutêre Graderingsregulasies

        Neem kennis dat die Graderingsregulasies wat na konsensus in die bedryf goedgekeur en in praktyk geëvalueer is, na die Departement Landbou vir afkondiging verwys is. Na herhaalde navrae is GSA meegedeel dat die Departement volgens hulle nie in die proses geken is nie en dit eers aan die Kwaliteitstandaarde Komitee vir oorweging wil voorlê. Die proses is nou vertraag, maar GSA sal dit deurlopend monitor en terugvoering deurgee.

        Mnr Koch
        Mnr Hawkins

    2. Mark - Lupiene

      Geen verdere inligting is beskikbaar nie.

    3. Produsente – Canola

      Geen verdere inligting is beskikbaar nie.

    4. Produsente – Lupiene

      Geen verdere inligting is beskikbaar nie.

    5. Super Canolakompetisie

      Die opsomming van die afgelope vyf jaar se Super Canolakompetisie resultate is ter inligting by die sakelys aangeheg en word deur Mnre Van Rooyen en Slabbert toegelig.

      Terugvoering oor die 2006 kompetisie sal vroeg in 2007 beskikbaar wees (onderskeidelik by die GSA Jaar­vergadering op 6 Febraurie en die SKOG Voorsaai Inligtingsdag op 14 Maart 2007).

      Mnr Van Rooyen
      Mnr Slabbert

  10. Saad

    1. Canola

      Daar word rapporteer dat genoeg saad beskikbaar is.

    2. Lupiene

      Daar word rapporteer dat genoeg saad beskikbaar is.

  11. Ander sake

    1. LNR President en Hoof Uitvoerende Beampte

      Neem kennis dat Dr S Moephuli as Hoof Uitvoerende Beampte van LNR aangewys is.

    2. Studietoer na Australië

      Dr De Kock gee kortliks terugvoering van die afgelope studietoer na Australië. Die volledige verslag sal aan die Werkgroep beskikbaar gestel word.

    3. Simposium: grondgedraagde siektes

      Dr Lamprecht gee 'n kort oorsig oor die afgelope simposium oor grondgedraagde siektes. CD's oor die verrigtinge is vir lede beskikbaar.

  12. Datums van volgende vergaderings

    • 8 Februarie 2007
    • 12 April 2007
    • 13 Junie 2007
    • 16 Augustus 2007 – datum sal met werkgroep bevestig word
    • 28-30 Augustus 2007 – besigtiging van proewe
    • 28 November 2007 – afsluitingsfunksie
    • 29 November 2007
  13. Afsluiting

    Die Voorsitter bedank die lede vir hul bydraes tydens die vergadering en hul samewerking gedurende die jaar. Hy wens elkeen 'n geseënde Kersfees toe en verdaag die vergadering.