Notule
Canola- en Lupienwerkgroepvergadering
gehou op 1 Desember 2004 te Elsenburg
Opening en verwelkoming
Die vergadering word met gebed geopen deur mnr H Agenbag.
Die Voorsitter, mnr GJH Scholtemeijer, heet almal teenwoordig welkom by die vergadering. 'n Spesiale woord van welkom word gerig aan die volgende persone: Mev A Enslin (SAGIS), Mev R Beukes (Departement van Landbou), Mnr McDermott (Du Pont), Prof Cairns (Universiteit Stellenbosch), dr Pieterse (Universiteit Stellenbosch), mnr CJ du Plessis (PNS-Raad), mnr M Ferreira (DLWK) en PNS-Personeel, mev Bean en Mev Van der Walt.
Presensie
Teenwoordig
Mnr GJH Scholtemeijer PNS (Voorsitter) Dr M Griessel PNS Dr J de Kock PNS Dr SC Lamprecht LNR-NIPB Mnr J McDermott Du Pont Mnr C Cumming Bayer Crop Science Mnr J Bruwer SSK Mnr HA Cerfonteyn DLWK Mnr H Kotzé Bokomo Voere Mnr I Slabbert DLWK Mooreesburg Mnr C van der Merwe MKB Moorreesburg Mnr JJ Bester GSA Me M Kellerman DLWK Mnr P Lombard DLWK Mnr J Loubser Bokomo Voere Mnr NJ Hawkins GSA Mnr D van Papendorp CBK Mnr NJ Vermaak GSA Mnr CJ du Plessis PNS-Raad Mnr J Bruwer SSK Mnr PJ Laubscher BNK Dr JM Laubscher DLWK Dr M Hardy DLWK Prof A Agenbag Universiteit Stellenbosch Mnr H Agenbag PNS Wes-Kaap Mnr P Fouché Advanta Dr IA Trautmann DLWK Me A Swanepoel DLWK Mnr J Hoffmann DLWK Dr T Brand DLWK Dr TN Kotzé Agricol Mnr JL Kellerman Agricol Mnr N Murray Murray Voere Mnr K Schonken CBK Mnr L Swarts Swartland Oliepers Mnr Lusse CRK Mnr CL Grimbeek PNS Suidwestelike Distrikte Dr A Nel LNR-IGG Mnr G Conradie DLWK Mnr G van Coller DLWK Mev A Enslin SAGIS Mev R Beukes Nasionale Departement van Landbou Prof ALP Cairns Universiteit Stellenbosch Dr PJ Pieterse Universiteit Stellenbosch Mnr M Ferreira DLWK Mnr DJ Hanekom DLWK Mev J Bean PNS-Personeel Mev M van der Walt PNS-Personeel Mnr G Keun Hoofuitvoerende Beampte Mev M du Preez Sekretaresse Verskonings
Mnr K Becker SOILL Mnr L Wille Agricol Mnr F Potgieter UAP Cropcare Mnr HF Hugo DLWK Me L van Zyl Agri Wes-Kaap (Sekretariaat) Personalia
Gelukwensing word aan dr Hardy oorgedra met die prestasietoekenning wat hy van die PNS ontvang het vir die Persoon wat 'n uitsonderlike bydrae gemaak het om die PNS se visie en missie te bevorder.
Vasstelling van die sakelys
Die sakelys word aanvaar nadat die volgende items bygevoeg is:
- 7.1.1.3 – Cultivarproewe 2005
- 7.2.1.3 – Cultivarproewe 2005
- 11.3 – Plasing van inligting op die PNS-webtuiste
Die Voorsitter reël dat bolwurm ook by item 7.4.2 bespreek word.
Notule van die vorige notule
Die notule van die vergadering gehou op 12 Augustus 2004 is goedgekeur.
Algemene oorsig
Winterreënvalstreek
Canola
Swartland
Mnr Slabbert deel die vergadering mee dat die opbrengste baie swak was met 'n gemiddeld van tussen 50kg/ha en 100kg/ha. By Malmesbury-omgewing het dit beter gegaan met 'n opbrengs van 1,5 ton/ha, terwyl dit in die Moorreesburg-omgewing ± 300kg/ha was.
Volgens CBK sal die totale produksie van canola in die Swartland ± 6 500 ton wees. Dr Hardy meld dat ± 440kg/ha canola te Langgewens geoes is.
Kennis word geneem dat die canola baie swaar gekry het as gevolg van die droogte en dat insekteskade ook voorgekom het.
Suid-Kaap
Kennis word geneem dat Riversdal 'n goeie seisoen ervaar het. Te Swellendam is 800kg/ha geoes wat goed is vir die omgewing. In Tygerhoek is sowat 800kg/ha tot 1,3 ton/ha geoes. 'n Gemiddelde opbrengs van 850kg/ha is gelewer.
Volgens die Canolawerkgroep sal die totale produksie van canola 27 000 ton wees in die Suid-Kaap. Die Oesskattingskomitee se amptelike skatting is 38 000 ton. Volgens SAGIS is daar tot aan die einde van Oktober 19 000 ton canola gelewer. Volgens Murray Voere is daar reeds 32 000 ton canola gelewer.
Suidwestelike Distrikte
Mnr Grimbeek meld dat die gebied teëspoed gehad met hael wat baie skade aangerig het en dat die canola opbrengs slegs 900kg/ha was.
Oos-Kaap
Geen.
Lupiene
Swartland
Die Voorsitter meld dat die moeilike weersomstandighede ook die lupiene geraak het.
Mnr Agenbag rapporteer dat die mooiste lupiene sowat 250kg tot 500kg/ha gelewer het. Mnr Agenbag noem dat dit voorgekom het asof daar baie pitte was, maar dat dit leë doppe was.
Suid-Kaap
Mnr Agenbag meld dat daar sowat 2,6 ton/ha Tanjil geoes is. Die CED6150 se opbrengste was op 'n plaas in die Riversdal distrik 2,3 ton/ha.
Suidwestelike Distrikte
Mnr Grimbeek rapporteer dat die opbrengs sowat 1,7 ton tot 1,8 ton/ha in die Suidwestelike Distrikte was.
Oos-Kaap
Geen.
Somerreënvalstreek
Canola
Dr Nel rapporteer dat die jaar baie gunstig was vir canola in die somerreënval-streek en daar min insekte probleme was. Die canola is geoes maar die opbrengste is nog nie bepaal nie.
Oesskatting
Kennis word geneem van die Oesskattings wat as Bylae B by die sakelys aangeheg is.
Skatting van werkgroep
Canola
Hierdie aangeleentheid is onder item 6.1.1 bespreek.
Lupiene
Hierdie aangeleentheid is onder item 6.1.2 bespreek.
SAGIS
Kennis word geneem van die inligting wat tydens die vergadering uitgedeel word. Die Sekretaresse word versoek om die SAGIS inligting by die sakelys van die werkgroep aan te heg.
SAGIS word bedank vir die goeie werk wat hul lewer.
Besluit dat die sekretaresse versoek word om die SAGIS inligting by die volgende sakelys van die werkgroep aan te heg.
Sekretaresse
Prysvooruitskatting en internasionale markinligting
Dr Griessel gee 'n uiteensetting van die nuutste internasionale prystendense en produksie.
Hy meld dat die groot rede vir die geweldige daling van R1 821 na R1 625 / ton vir soja-oliekoek toe te skryf is aan die hoë produksie van veral sojabone. Die wêreldproduksie van oliekoek vir 2004/2005 is 369 miljoen ton in vergelyking met die vorige jaar se 323 miljoen ton. Van die 46 miljoen ton styging teenoor die vorige jaar is 37 miljoen ton sojaboon-oliekoek. Die VSA het hierdie jaar sowat 19 miljoen ton meer sojabone geproduseer as wat daar die vorige jaar geproduseer is; Brasilië – 10 miljoen ton; Argentinie – 4 miljoen ton en China – 2 miljoen ton.
Roes is vir die eerste keer geïdentifiseer in die VSA. Die voorkoms van roes op sojabone in die VSA sal 'n groot impak hê op die sojaboon opbrengste en produksiekoste, aangesien daar gespuit moet word vir roes wat die kostes dus verhoog. Dit kan goeie nuus vir plaaslike produsente inhou ten opsigte van pryse wat moontlik as gevolg hiervan kan styg.
Canola
Waarde van canola afgelei van sojaboon-oliekoek (47% proteïen) geland Kaapstad soos op 29 November 2004 (verskeping: R1 625 / wisselkoers: R5.86).
Die afgeleide waarde vir volvet canola is soos volg:
Pluimvee (94%) R1 528 Varke (100%) R1 625 Suiwel (58%) R 943 Die relatiewe waarde van canola oliekoek is as volg:
Pluimvee (53%) R 861 Varke (65%) R1 056 Suiwel (60%) R 975 Lupiene
Waarde van lupiene afgelei van sojaboon-oliekoek (47% proteïen) geland Kaapstad soos op 29 November 2004 (verskeping: R1 625 / wisselkoers: R5.86).
L. albus (Esta) Pluimvee (75%)
Suiwel (80%)R1 219
R1 300L. angustifolious (Merrit) Pluimvee (53%)
Suiwel (52%)R 861
R 845L. luteus (Juno) Pluimvee (63%)
Suiwel (73%)R1 024
R1 186
COMBUDS – canola
Aanpassing van kostegids – masjienerie: inligting deur Departement van Landbou, Wes-Kaap
Mev Swanepoel meld dat die opgedateerde combuds teen Februarie 2005 klaar sal wees. Hierdie aangeleentheid staan oor totdat terugvoering ontvang is.
Besluit dat hierdie aangeleentheid oorstaan totdat terugvoering ontvang is.
Sekretaresse
Opstel van COMBUDS vir canola – terugvoering
Hierdie aangeleentheid staan oor totdat die inligting vir 2005 beskikbaar is.
Besluit dat hierdie aangeleentheid oorstaan totdat die inligting vir 2005 beskikbaar is.
Sekretaresse
Produksie-area kaarte-inligting van mnr Wallace – terugvoering
Hierdie aangeleentheid staan oor totdat opgedateerde inligting ontvang is.
Besluit dat hierdie aangeleentheid oorstaan totdat opgedateerde inligting ontvang is.
Sekretaresse
Navorsing
Canola
Nasionale cultivarproewe en chemiese ontledings
Resultate vir 2003 chemiese ontledings
Mnr Hanekom neem kennis van die besluite wat tydens die vorige vergadering geneem is en sal dit tydens die nuwe aanplantings in ag neem.
Hierdie aangeleentheid staan oor totdat meer inligting beskikbaar is vir verdere bespreking.
Besluit dat hierdie aangeleentheid oorstaan totdat meer inligting beskikbaar is vir verdere bespreking.
Sekretaresse
Cultivarproewe 2004
Mnr Hanekom noem dat hy binnekort al die inligting wat hy benodig sal ontvang vir die cultivarproewe van 2004, waarna voorbereiding vir die 2005 aanplanting sal begin.
Cultivarproewe 2005
Mnr Fouché bedank die PNS, die Departement van Landbou en almal wat bydra tot die canolaproewe. Mnr Fouché meld verder dat die beskikbaarheid van toerusting soos voldoende planters in goeie werkende toestand, vragmotors vir vervoer van toerusting, nuwe stropers wat vermorsing verminder, asook mannekrag 'n probleem is – veral ook in die lig van die feit dat die PNS nie toerusting finansier nie.
Mnr Fouché meld dat, soos dit gewoonlik gebeur, in 50% plus van die areas waar proewe geplant word, daar in 2004 weer 'n vroeë reën voorgekom het. Met die aanplanting van mnr Fouché van 13 April 2004 te Langgewens is:
- Tot 27 ton/ha groenweiding afgehaal teen 7 Julie;
- Na wei, tot 1,03 ton/ha saadopbrengs verkry;
- Na wei, tot 39 ton/ha kuilvoeropbrengs verkry;
- Sonder voorafwei gemiddeld uit 10 persele 1,384 ton/ha geoes met slegs 150mm reën;
- Met 'n vroeë cultivar, sonder oesverliese, 2,9 ton/ha behaal; en
- Sonder wei of sny tot 56 ton/ha kuilvoeropbrengs behaal.
Mnr Fouché meld dat, indien dit vergelyk word met later aanplantings en produsente se opbrengste van minder as 0,9 ton/ha, droë materiaal opbrengste van 5 ton en minder, dan is dit verstaanbaar dat die gevoel bestaan dat canola ekonomies nie op sy eie kan staan nie. Indien die regte praktyk en boodskap nie uitgebeeld word nie, gaan canola nie tot sy volle reg kom en die plek inneem wat hy wel kan nie.
Mnr Fouché sê dat die canolaproewe te Swellendam nog gestaan het, terwyl produsente in die Suid-Kaap reeds klaar geoes was. Hy benadruk dat hy nie die wyse waarop proewe uitgevoer word kritiseer nie, maar wel die feit dat proewe laat geplant word.
Om vroeg te kan plant moet grond betyds gereed wees. Waar volgende jaar canola geplant word byvoorbeeld op Langgewens, behoort daardie grond na vanjaar se oes, so gou moontlik gereed gekry te word.
'n Verdere saak wat aangeraak moet word is vroeë cultivars, wat op dieselfde tyd as die langer groeiers geoes word. Deur randomisering en statistiek word hierdie vroeg-ryp cultivars benadeel deurdat uitspring voorkom omdat hul te droog is teen oestyd. As voorbeeld kan genoem word dat 'n vroeë cultivar, op die regte tyd geplant, vanjaar 2,9 ton/ha gelewer. Dieselfde cultivar het egter net 1,09 ton/ha opgelewer toe dit saam met die latere cultivars geoes is.
Die volgende moet dus ondersoek word:
- Om betyds te sorg dat grond, saad, implemente en toerusting gereed is om vanaf einde Maart aan te plant indien die seisoen dit toelaat;
- Vroeë cultivars moet apart geplant word;
- Om blomdata te neem volgens eerste blom en einde blom;
- Om ekstra personeel te koöpteer indien nodig om data vinniger beskikbaar te kry; en
- Om beskikbare inligting ten opsigte van vroeg plant uit te dra.
Na bespreking word besluit dat die aangeleentheid na die PNS-Tegnologie komitee verwys word vir bespreking en terugvoering aan die werkgroep.
Besluit dat kennis geneem word van die inligting wat mnr Fouché aan die vergadering meegedeel het en dat die inligting na die PNS-Tegnologie komitee verwys word vir verdere bespreking en terugvoering aan die werkgroep.
Sekretaresse
PNS-Tegnologiekomitee
Bemesting
Terugvoering van Bemestingstaakspan
Dr De Kock meld dat die resultate nie beskikbaar is nie en die aangeleentheid staan dus oor.
Besluit dat die aangeleentheid oorstaan totdat die resultate beskikbaar is.
Sekretaresse
Wisselbou-projek van dr Nel
Geen nuwe inligting is beskibaar nie en die aangeleentheid staan oor.
Besluit dat die aangeleentheid oorstaan totdat meer inligting beskikbaar is.
Sekretaresse
Besigheidsplan vir Canola – vordering
Kennis word geneem van die Besigheidsplan wat as Bylae D by die sakelys aangeheg is.
Dr De Kock noem dat die vertrekpunt vir hierdie dokument die verbouingsriglyne was wat vir canola beskikbaar is. Dr De Kock stel voor dat indien daar kommentaar is oor die Beplanningsdokument dit so gou as moontlik ingestuur word, waarna daar by die PNS-Tegnologiekomitee verder daaroor besin sal word.
Die Voorsitter versoek me Swanepoel om die Beplanningsdokument vir canola te gebruik wanneer die beplanning vir die volgende seisoen gedoen word.
Dr De Kock word bedank vir 'n baie goeie dokument wat hy opgestel het.
Besluit dat
- Dat alle kommentaar oor die Beplanningsdokument so gou moontlik na dr De Kock deurgegee word, waarna die dokument na die PNS-Tegnologiekomitee verwys word vir verdere besinning – sien opsomming (bl 26, punt 6).
Sekretaresse
- Dat me Swanepoel versoek word om die Beplannings dokument vir canola te gebruik wanneer die beplanning vir die volgende seisoen gedoen word.
Voorsitter
Me Swanepoel
- Dat alle kommentaar oor die Beplanningsdokument so gou moontlik na dr De Kock deurgegee word, waarna die dokument na die PNS-Tegnologiekomitee verwys word vir verdere besinning – sien opsomming (bl 26, punt 6).
Terugvoering – THRIP
Prof Agenbag rapporteer dat daar weer 'n aansoek by THRIP vir 2005 ingedien is en terugvoering afgewag word.
Besluit dat kennis geneem word dat daar weer 'n aansoek by THRIP vir 2005 ingedien is en terugvoering afgewag word.
Prof Agenbag
Inligting in verband met saadbehandeling teen swamme en insekte – terugvoering
Prof Agenbag meld dat die saadbehandelingsproewe te Langgewens nie suksesvol was nie en geen resultate verkry kon word nie. Roodebloem se proewe is geoes, maar die data word nog afgewag.
Dr Lamprecht rapporteer kortliks oor die projek waarmee sy besig is rakende behandelde saad.
Kennis word geneem van Bylae J wat by die sakelys aangeheg is rakende behandelde saad.
Onderhandeling met saadmaatskappye ten opsigte van vennootskappe in navorsingswerk om chemiese saadbehandelingsmiddels vir Suid-Afrika te registreer
Kennis word geneem dat die gesprek met die saadmaatskappye wel plaasgevind het. Dr De Kock meld dat hy ook met mnr Willem Engelbrecht van Pioneer gesprek gevoer het. Mnr Engelbrecht het aan dr De Kock genoem dat hulle so min canola saad invoer dat hulle saad sommer in die buiteland behandel word, maar steun die projek in beginsel.
Hierdie aangeleentheid kan as afgehandel beskou word.
Besluit dat die aangeleentheid as afgehandel beskou word.
Sekretaresse
Lupiene
Nasionale cultivarproewe en chemiese ontledings
Resultate vir 2003 chemiese ontledings
Hierdie aangeleentheid is reeds onder item 7.1.1.1 bespreek.
Cultivarproewe vir 2004
Hierdie aangeleentheid is reeds onder item 7.1.1.2 bespreek.
Cultivarproewe vir 2005
Hierdie aangeleentheid is reeds onder item 7.1.1.3 bespreek.
Wisselbouprojek in die Suid-Kaap / insluiting van ekonomiese data – vordering
Dr Nel noem dat die aangeleentheid as afgehandel beskou word.
Besluit dat die aangeleentheid as afgehandel beskou word.
Sekretaresse
Saadbehandeling teen swamme en insekte by lupiene
Hierdie aangeleentheid staan oor totdat die resultate beskikbaar is.
Besluit dat die aangeleentheid oorstaan totdat die resultate beskikbaar is.
Dr Lamprecht
Weerstandbiedendheid van raaigras – voorlegging
Mnr Cumming lig die vergadering kortliks in van die afgelope jaar se ervaring met raaigras. Hy meld onder andere soos volg:
- Die vorige jaar 'n mis-oes in die Swartland ervaar is en die seisoen ingegaan is met 'n geweldige hoë grasdruk oor die algemeen;
- Hoewel die reëns betreklik laat gekom het in die Swartland hierdie seisoen dit gelyk het of dit 'n goeie graanseisoen sou wees. Produsente het oor die algemeen goed geplant en baie droëland aanplantings is gedoen;
- Die onkruiddoder bespuitings was relatief suksesvol, maar na bespuiting was daar 'n redelike lang periode van droogte gewees;
- Nadat die reën in Julie geval het, het die graan baie stadig toegemaak, aangesien die toestande vir groei nie gunstig was nie. Die gevolg was dat daar 'n herontkieming van saad plaasgevind het. Weereens is die jaar afgesluit met baie hoë vlakke van saad en lyk dit nie goed vir die komende seisoen nie, aangesien daar 'n twee jaar van opbou in die saadbank is;
- Een van die mikpunte is om die saad reserwes in die grond laag te kry;
- Bo-en-behalwe die weerstandbiedenheid van raaigras is daar die probleem dat saadbanke van saad skrikwekkend hoog is;
- Saadbank bestuur word beskou as deel van weerstandsbestuur;
- Daar is baie nou kontak met Wes Australië en hulle word beskou as die leiers van weerstandsbestuur in die wêreld;
- Groot klem word daarop gelê dat daar praktyke ingestel word vir weerstand-biedendheid van raaigras, aangesien dit 'n groot probleem is; en
- Dit baie belangrik is dat die werkgroep kennis neem dat daar 'n afwisseling van onkruiddoders gebruik moet word.
Die Voorsitter stel voor dat die PNS-Tegnologiekomitee mettertyd gesprek sal voer met Chemiese Maatskappye (AVCASA), die Departement van Landbou, Wes-Kaap en die LNR vir terugvoering aan die werkgroep. GSA sal ook nou betrokke wees by hierdie gesprekke.
Die vergadering neem met dank kennis van die inhoud van die voorleggings van mnr Ferreira, dr Pieterse en prof Cairns. Die Sekretaresse word versoek om die genoemde voorleggings by die volgende sakelys aan te heg.
Besluit dat
- Dat die Sekretaresse versoek word om die voorleggings van mnr Ferreira, dr Pieterse en prof Cairns by die volgende sakelys aan te heg.
Sekretaresse
- Dat die PNS-Tegnologiekomitee mettertyd gesprek sal voer met Chemiese Maatskappye (AVCASA), die Departement van Landbou, Wes-Kaap en die LNR vir terugvoering aan die werkgroep. GSA sal ook nou betrokke wees by hierdie gesprekke.
PNS-Tegnologiekomitee
Pes- en plaagbeheer
Stoppelbestuur van canola / swartstam
Die Voorsitter meld dat daar met die Departement van Landbou, Wes-Kaap ooreengekom is dat, na die aanstelling van mnr Van Coller as plantpatoloog, daar weer na die begrip swartstam gekyk moet word. Die ooreenkoms wat bereik is, is dat die werk wat tans gedoen word afgerond word en 'n verslag ingedien word.
Mnr Van Coller is tans besig met 'n literatuurstudie en maak 'n voorlegging van die werk wat tot hier gedoen is. Hierdie voorlegging sal by die volgende vergadering se sakelys aangeheg word. Sodra die literatuurstudie afgehandel is, kan oorweging geskenk word aan moontlike navorsing en die nodige beplanninge gedoen word.
Die volledige verslag sal ook aan die werkgroep beskikbaar gestel word vir bespreking tydens 'n volgende vergadering.
Besluit dat
- Dat die voorlegging van mnr Van Coller by die volgende vergadering se sakelys aangeheg word.
Sekretaresse
- Dat die volledige literatuurstudie aan die werkgroep beskikbaar gestel word vir bespreking tydens 'n volgende vergadering.
Sekretaresse
- Dat die voorlegging van mnr Van Coller by die volgende vergadering se sakelys aangeheg word.
Voorkoms en monitering van bogrondse insekte, plae, slakke en bolwurms
Kennis word geneem van die probleem wat ervaar word met bolwurm.
Mnr Cumming meld dat AVCASA vanjaar baie onkant betrap is met bolwurm. Bolwurmbesmetting het vanjaar baie erg voorgekom en dat tot 35 bolwurms per plant getel is. Groot probleme is ervaar met die lugbespuiting, sowel as toestande tydens toediening. Toediening is gedoen onder minder gunstige toestande en AVCASA is baie bekommerd daaroor.
Mnr Cumming meld verder dat die weerstand situasie ook 'n baie groot kommer is. Melding word gemaak van twee groepe middels naamlik Piretroïedes en Methomyl. Piretroïedes is heelwat goedkoper en baie produsente het begin met 'n Piretroïedes toediening. Die probleem ontstaan by die toesig van die bespuiting. Indien daar nie opgevolg word of die toedienings gewerk het nie sal daar nie veel van die aanplanting oorbly nie.
Mnr Cumming sê dat 'n oplossing vir die probleem is dat die aanplantings baie goed dopgehou moet word om die bolwurm op 'n kleinstadium te kan bespuit, aangesien die groter bolwurm nie so maklik doodgaan nie. Daar moet vroeër bespuit word vir bolwurm. Die bewustheid moet daar wees dat daar 'n sensiwiteits verskuiwing is. Die Kaapse Werkgroep van AVCASA het skrywes uitgestuur aan produsente hieromtrent. Mnr Cumming noem dat bolwurm baie sporadies is. Die Sekretaresse word versoek om die skrywes wat aan produsente uitgestuur is by mnr Cumming te kry om aan die werkgroep beskikbaar te stel. Mnr Vermaak meld dat hy die skrywes ook in SA Graan sal publiseer.
Dr Lamprecht meld dat dr Tribe van die LNR-NIPB reeds besig is met 'n literatuurstudie en dat die bolwurm aangeleentheid aangespreek sal word.
Dr Lamprecht lig die vergadering kortliks in oor die vordering wat gemaak is by die Slakwerkgroep. Dr Lamprecht noem dat die Slakwerkgroep se naam verander het na die werkgroep vir beter vestiging van canola, aangesien die werkgroep insekte en swamme behandel. Dr Lamprecht meld dat die werkgroep op 30 November 2004 vergader het. Die vordering en aksies vir volgende jaar is tydens die vergadering bespreek. Dit blyk of daar goeie vordering is op die beheer van slakke en die werkgroep is baie tevrede daarmee. Mnr Bosch is gevra om die inligting wat hy uitgegee het op die CRK-dag op te dateer om in SA Graan gepubliseer te word. Dr Laubscher het sy vordering rapporteer op die monitering van slakke en insekte op Langgewens en Tygerhoek se demonstrasieproewe. Dr Lamprecht meld dat die werkgroep voel dat dr Laubscher moet voortgaan met sy monitering self deur die somer, aangesien voorstelle gemaak kan word waar slakke die volgende jaar 'n probleem kan wees.
Tydens 'n vorige vergadering is besluit dat daar twee literatuurstudies moet wees naamlik een op slakke en een op insekte. Dr Lamprecht noem dat die literatuurstudie op slakke min of meer voltooi is. Sodra die literatuurstudie voltooi is sal dit aan die werkgroep beskikbaar gestel word. Die literatuurstudie vir insekte se goedkeuring is ontvang en dr Tribe sal daarmee begin sodra hy terug is van vakansie middel Janaurie 2005. Sodra beide die literatuurstudies ontvang is sal die werkgroep poog om 'n lys van projekte op te stel om aan die PNS voor te lê. Die PNS sal ook genader word vir Ad Hoc voorsiening vir onvoorsiene uitgawes wat die slakwerkgroep mag hê.
Dr Lamprecht meld dat daar ook vordering gemaak is met die vraelyste en dat ± 12 vraelyste terug ontvang is. Interessante inligting het uit die vraelyste ontstaan waaraan aandag gegee sal word.
Dr Lamprecht sê dat ruitrugmot ook onder die werkgroep se aandag gekom het en dat die werkgroep besluit het dat dit 'n entomologiese probleem is en die werkgroep nie daaraan aandag kan gee nie.
Besluit dat
- Dat die Sekretaresse versoek word om die skrywes wat aan die produsente uitgestuur is by mnr Cumming te kry om aan die werkgroep beskikbaar te stel.
Sekretaresse
- Dat mnr Vermaak die skrywes ook in SA Graan sal publiseer.
Mnr Vermaak
- Dat die inligting wat mnr Bosch by die CRK-dag uitgedeel het opdateer word om in SA Graan gepubliseer te word.
Dr Lamprecht
Mnr Vermaak
- Dat die Sekretaresse versoek word om die skrywes wat aan die produsente uitgestuur is by mnr Cumming te kry om aan die werkgroep beskikbaar te stel.
Voorkoms van witroes op canola in Riversdal omgewing
Mnr Van Coller noem dat hy die aangeleentheid met dr Hanekom bespreek en hy bevestig het dat dit 'n geïsoleerde geval is. Mnr Van Coller meld dat hy die aanplanting baie goed sal dophou.
Dr Lamprecht versoek dat daar in alle gevalle monsters geneem moet word vir ontleding daarvan.
Besluit dat
- Dat kennis geneem word dat die witroes op Riversdal blykbaar 'n geisoleerde geval is.
Mnr Van Coller
- Dat daar in alle gevalle monsters geneem word vir ontleding.
Almal
- Dat kennis geneem word dat die witroes op Riversdal blykbaar 'n geisoleerde geval is.
Navorsingsprojek – Rhizoctonia
Mnr Tewoldemedhin maak 'n voorlegging aan die werkgroep rakende die navorsing deur hom gedoen. Die vergadering neem met dank kennis van die inhoud van hierdie voorlegging.
Besluit dat die voorlegging van mnr Tewoldemedhin by die volgende vergadering se sakelys aangeheg word.
Sekretaresse
Tegnologie-oordrag
Canolafokus
Verspreiding van nuusbriewe
Hierdie aangeleentheid word as afgehandel beskou.
Artikels vir publikasie
Publisering van artikel, dr Hardy – Wisselbouprojek, Suid-Kaap
Hierdie aangeleentheid word as afgehandel beskou.
Publisering van Advanta se artikel soortgelyk aan die van dr Hardy
Hierdie aangeleentheid word as afgehandel beskou.
Publisering van lys van navorsingsprojekte
Hierdie aangeleentheid staan oor totdat dit gepubliseer is.
Publisering van saadbehandelingsverslag
Hierdie aangeleentheid word as afgehandel beskou.
Publisering van beheer van slakke
Hierdie aangeleentheid word as afgehandel beskou.
Artikels vir publisering in SA Graan
Hierdie aangeleentheid staan oor totdat dit gepubliseer is.
Publisering van terugvoering oor 2004 cultivarproewe
Hierdie aangeleentheid staan oor totdat dit gepubliseer is.
Beskikbaarstelling van PNS-markinligting – terugvoering
Dr Griessel meld dat die PNS-Raad besluit het om die prysinligting op 'n daaglikse basis op die PNS webtuiste te plaas. Die prysinligting is in die proses om op die webtuiste geplaas te word. Die werkgroep sal in kennis gestel word sodra die prysinligting op die webtuiste beskikbaar is.
Besluit dat die werkgroep in kennis gestel word sodra die prys inligting op die PNS-webtuiste beskikbaar is.
Sekretaresse
Terugvoering rakende DLWK wisselbouprojek te Riversdal
Die Voorsitter noem dat daar 'n inligtingsdag gehou is en dat die werk van dr Hardy te Riversdal steeds voortgaan.
Lys van PNS-projekte 2005
Kennis word geneem van die lys van PNS-projekte vir 2005 wat as Bylae F by die sakelys aangeheg is.
Lupino
Publisering van artikel, dr Hardy – Wisselbouprojek, Suid-Kaap
Hierdie aangeleentheid word as afgehandel beskou.
Inligtingsdae 2005 – datums en terugvoering
CBK-Canoladag – 20 Julie 2005.
Weervooruitskatting deur mnr Cerfonteyn
Mnr Cerfonteyn meld dat hy met die Weerburo geskakel het en dat hulle huiwerig is om 'n vooruitskatting te maak. Die Weerburo het aan mnr Cerfonteyn genoem dat Maart 'n baie goeie tyd is om 'n vooruitskatting te maak. Mnr Cerfonteyn stel voor dat hy tydens die Februarie en April 2005 vergaderings van die werkgroep 'n vooruitskatting sal maak.
Besluit dat mnr Cerfonteyn tydens die Februarie en April 2005 vergaderings van die werkgroep 'n vooruitskatting sal maak.
Mnr Cerfonteyn
Behoeftes van
Mark – Canola
Prysvasstellingsprosedure
Kennis word geneem dat hierdie aangeleentheid by 'n werkgroep van GSA bespreek is.
Hierdie aangeleentheid kan van die sakelys afgehaal word.
Besluit dat hierdie aangeleentheid van die sakelys afgehaal word.
Sekretaresse
Statutêre Graderingsregulasies – vordering
Kennis word geneem van die inligting wat as Bylae H by die sakelys aangeheg is.
Die werkgroep is gelukkig met die statutêre graderingsregulasiesdokument wat by die sakelys aangeheg is en vind dit in orde. Mnr Vermaak word versoek om dr Laubscher van die Departement van Landbou, Wes-Kaap te kontak en seker te maak dat hy tevrede is met die dokument.
Mnr Vermaak word versoek om die finale dokument weer aan die werkgroep beskikbaar te stel.
Besluit
- Dat die statutêre graderingsregulasiesdokument deur die werkgroep aanvaar word.
- Dat mnr Vermaak versoek word om dr Laubscher van die Departement van Landbou, Wes-Kaap te kontak en seker te maak dat hy tevrede is met die dokument.
Mnr Vermaak
- Dat die finale dokument weer aan die werkgroep beskikbaar gestel word.
Mnr Vermaak
Sekretaresse
Mark – Lupiene
Geen nuwe inligting is beskikbaar nie.
Produsente – Canola
Plantmetodes vir beter vestiging van canola – vordering
Hierdie aangeleentheid staan oor totdat meer inligting beskikbaar is.
Produsente – Lupiene
Alkaloïedvlakke / gestandardiseerde betroubaarheidstoets – terugvoering
Dr Griessel meld dat daar kontak gemaak is met 'n ander laboratorium en dit blyk dat die laboratorium nie die werk kan doen nie. Dr Griessel het aan dr Brand genoem dat daar 'n prof Dubery van RAU is, wat moontlik die werk kan doen. Dr Griessel het met prof Dubery van RAU kontak gemaak wat onderneem het om vas te stel of hulle alkaloïed toetse kan doen en 'n kwotasie aan dr Griessel deur stuur. Hierdie aangeleentheid staan oor totdat terugvoering vanaf RAU ontvang is.
Besluit dat die aangeleentheid rakende die alkaloïed toetse oorstaan totdat terugvoering vanaf RAU ontvang is.
Dr Griessel
Vordering oor die gebruik van bitter lupiene in volstruisvoeding – terugvoering
Hierdie aangeleentheid word as afgehandel beskou en kan van die sakelys afgehaal word.
Saad
Canola
Kennis word geneem dat daar genoeg saad beskikbaar sal wees.
Lupiene
Kennis word geneem dat daar genoeg saad beskikbaar sal wees.
Ander sake
Artikel in Agrekon: optimering van wisselboustelsels
Kennis word geneem van die artikel wat in Agrekon gepubliseer is en as Bylae I by die sakelys ingebind is.
Die Werkgroep spreek hul kommer uit oor hierdie artikel. Daar word besluit dat hierdie aangeleentheid deur die PNS hanteer sal word en die vergadering op hoogte gehou sal word van verdere verwikkelinge.
Besluit dat die aangeleentheid deur die PNS hanteer word en die vergadering op hoogte gehou sal word van verdere verwikkelinge.
Voorsitter
Invoer van behandelde saad
Hierdie aangeleentheid is saam met item 7.1.5 bespreek.
Plasing van inligting op die PNS-webtuiste
Mev Du Preez meld dat die PNS se Bemarkingskomitee besluit het dat lede van die werkgroep belangrike inligting wat uit die werkgroep notules voortspruit en ook in Engels op die webwerf wil plaas, moet identifiseer en onder die aandag van die PNS-kantoor moet bring.
Besluit dat die lede van die werkgroep belangrike inligting wat uit die werkgroep notules voortspruit en ook in Engels op die webtuiste wil plaas, moet identifiseer en onder die aandag van die PNS-kantoor bring.
Almal
Datum van volgende vergaderings
Kennis word geneem dat die datums vir 2005 soos volg geskeduleer is:
- 3 Februarie 2005
- 14 April 2005
- 8 Junie 2005
- 11 Augustus 2005
- 1 Desember 2005
Afsluiting
Die Voorsitter bedank die werkgroep vir die afgelope jaar se samewerking en wens elkeen 'n Geseënde Kersfees en 'n Voorspoedige nuwe jaar toe.
Aangesien daar geen verdere sake vir bespreking is nie verdaag die Voorsitter die vergadering om 13:50.