Newsletters / Archives / Canolafokus Archives / 2012 Canolafokus No 51
CanolaFokus logo

Canolafokus 51   Oktober 2012


Aspekte wat die keuse van canola kultivars in die Wes- en Suid-Kaap beïnvloed

PJA Lombard, L Smorenburg en J Strauss

Inleiding

Die verteenwoordiging van kultivar tipes in die proewe het heelwat verander oor die afgelope dekade van net konvensioneel tot konvensioneel, TT (Triasien tolerante en CL (Imasamoks tolerante) kultivars. Die aantal basterkultivars in die 2012-proewe is 13 van die 18 kultivars. Dit is 'n bevesti­ging dat maatskappye in Australië toenemend op basterkultivars konsentreer in hul teelprogramme. Onkruiddoders met Imasamoks as aktiewe bestanddeel kan gebruik word om onkruide te beheer in CL kultivars. Hierdie CL-kultivars is dus ideaal vir gebruik waar peulgewasse (bv lusern) ondergesaai word, aangesien imasamoks onkruiddoders ook geregistreer is vir gebruik in lusern en medics. Die TT-groep kultivars is tolerant teen triasien bevattende onkruiddoders soos Simasine en Atrasine. Triasien- en imasamoksbevattende onkruiddoders kan egter nie gebruik word waar konvensionele kultivars geplant word nie.

Inligting oor spesifieke kultivars en hul aanwending in die onkruidbestuursprogram kan verkry word vanaf die saadmaatskappye wat hulle in Suid-Afrika versprei.

Graanopbrengs

Die Wes-Kaapse Departement van Landbou met die ondersteuning van die Proteïennavorsingstiging het gedurende die 2011-seisoen 'n reeks kultivarproewe in die Wes en Suid-Kaap uitgevoer (2012 data is nog nie beskikbaar nie). In die Suid-Kaap is 8 proewe aangeplant waarvan 6 proewe se data hier bespreek word. Die ander proewe se resultate was weens omval nie bruikbaar nie. Ongelukkig was die voorkoms van stam­boorder by veral die Roodebloemproef (Caledon) 'n groot probleem, hoewel dit ook op ander lokaliteite voorgekom het. Omval van sekere kulti­vars het ook reg deur die Suid-Kaapstreek voorgekom en het die opbrengs van daardie kultivars benadeel. Die omval kan slegs in sommige gevalle toegeskryf word aan stamboorders, maar swartstam het vermoedelik ook 'n rol gespeel. By Riversdal het Agamax en CB Junee HT in al drie herhalings van die kultivarproef omgeval, maar het in die Eliteproef direk aanliggend regop bly staan en baie beter opbrengste gegee. In die Swart­land is 7 proewe aanplant op 6 lokaliteite waarvan twee proewe nie geoes is nie, agv te nat omstandighede in Junie en onkruiddoderskade.

Resultate

Die opbrengsresultate word opgesom in Tabel 2 en 3 vir die onderskeie gebiede. Die "Clearfield (CL)" en "Triasien tolerante (TT)" -kultivars se data is geskei van die konvensionele kultivars, terwyl die basterkultivars met 'n * aangedui word.

In die Swartland was die gemiddelde opbrengste vir 2011 laer as in 2010 (1.840 ton ha-1 teenoor 1.923 ton ha-1). Die proefgemiddeldes vir die Swartland, het volgens Tabel 2, gewissel tussen 1.142 ton ha-1 (Pools, planttyd op 26 Mei) en 2.503 ton ha-1 (Langgewens 1ste planttyd op 9 Mei). Die opbrengs van die 1ste aanplanting by Langgewens was 10% hoër as die van die 2de aanplanting (25 Mei), dit kan toegeskryf word aan minder gunstige klimaatstoestande tydens saadvul.

In die Swartland het die basterkultivar Agamax goed presteer en was gemiddeld die beste produseerder van alle lokaliteite met 'n opbrengs van 2.231 ton ha-1. Die baster "Clearfield"-kultivars, 44Y84 (2.179 ton ha-1), Hyola 474 CL (2.074 ton ha-1) en Hyola 571 CL (2.051 ton ha-1) se opbrengs was nie betekenisvol laer as dié van Agamax nie. Die basterkultivars, Hyola 50 (2.027 ton ha-1), 45Y2 Hyola (2.027 ton ha-1) en Hyola 575 CL (2.024 ton ha-1) het wel betekenisvol swakkker as Agamax presteer.

In 2011 het die twee basters Hyola 555 TT (1.879 ton ha-1) en CB Junee HT (1.670 ton ha-1) die hoogste opbrengs van alle lokaliteite in die Swartland gelewer in die TT-groep. Die opbrengs van Hyola 555 TT was betekenisvol beter as die van ander kultivars in die groep. CB Tumby HT (1.602 ton ha-1) het nie betekenisvol van CB Junee HT verskil nie. Die opbrengs van die TT-kultivars (1.555 ton ha-1) was egter gemiddeld 20.3% (25.26% in 2010) laer in vergelyking met die konvensionele kultivars (1.951 ton ha-1). Die gemiddelde opbrengs van die CL-kultivars was soos in 2010, hoër as die van die konvensionele kultivars.

In die Suid-Kaap (Tabel 3) het die gemiddelde opbrengs per proef gewissel van 1.329 ton ha-1 by Riversdal tot 1.360 ton ha-1 by Tygerhoek 1. Die gemiddelde opbrengs van TT-kultivars was egter 17.7% (22.1% in 2010) laer as die gemiddelde van die konvensionele kultivars. Die opbrengs van die CL-groep was egter 14.3% beter as die van die konvensionele groep.

Tabel 1
Swartland saadopbrengste (ton ha-1)
  Langgewens I Langgewens II Darling Pools Porterville Swartland
Agamax* 2633 abcd 2283 abcd 2114 ab 1573 a 2553 a 2231 a
Hyola 50* 3041 a 2082 bcdef 2113 ab 1227 bcde 1672 defg 2027 bcd
Trapper* 2524 bcde 2055 bcdef 2248 a 1215 bcde 1849 bcdef 1978 cde
AV Garnet 2748 abc 1847 defg 1750 bcde 1368 abc 1899 bcde 1922 cde
Hyola 61* 1831 h 1718 efg 1574 def 1176 cde 1689 defg 1598 gf
Konvensioneel 2555   1997   1960   1312   1933   1951  
44Y84* 2767 abc 1980 bcdef 1966 abcd 1539 ab 1973 bcd 2179 ab
Hyola 474 CL* 2667 abc 2433 ab 1828 abcd 1371 abc 2070 bc 2074 abc
Hyola 571 CL* 2921 ab 2132 bcde 1963 abcd 1357 abc 1880 bcde 2051 abcd
45Y82* 2466 bcdef 2401 abc 1825 abcd 1289 abcd 2154 b 2027 bcd
Hyola 575 CL* 2760 abc 2233 abcd 2217 a 1095 cde 1813 cdef 2024 bcd
43C80 2817 ab 2650 a 1868 abcd 1356 abc 1680 defg 1940 cde
46Y83* 2784 ab 1939 cdef 2030 abc 693 fg 1711 defg 1831 ef
CL 2741   2253   1997   1243   1957   2018  
Hyola 555 TT* 2321 cdefg 2287 abcd 1648 cdef 1406 abc 1732 cdefg 1879 de
CB Junee HT* 2173 defgh 1973 bcdef 1655 dcdef 916 efg 1633 efg 1670 fg
Tumby HT* 2503 bcdef 1950 cdef 1349 efg 998 def 1511 fg 1602 gf
Tawriffic TT 2095 efgh 1647 fg 1278 fg 726 fg 1644 defg 1478 hi
CB Jardee* 1962 gh 1418 gh 1346 efg 635 g 1448 g 1362 ij
Thunder 2044 fgh 1006 h 1096 g 616 g 1449 g 1242 j
TT 2183   1713   1601   883   1395   1555  
Kbv 460   476   445   341   340   190  
Kv 11   14   15   18   11   14  

Kbv – kleinste betekenisvolle verskil by 95% betroubaarheidsinterval.
Kultivars gemerk met *, is basterkultivars.

Tabel 2
Suid-Kaap saadopbrengs (ton ha-1)
  Tygerhoek I Tygerhoek II Napier Swellendam Klipdale Riversdal Gemiddeld
Hyola 50* 3374 ab 3336 a 3558 a 2583 abc 2108 ab 2014 abcd 2640 ab
Agamax* 3124 abcde 2799 cde 2426 def 2700 ab 1823 abcd 1337 efg 2393 c
AV Garnet 2225 gh 2907 bcde 2721 bcde 2441 bc 2096 abc 2350 a 2304 cd
Hyola 61* 2686 defg 2288 fgh 2336 ef 2134 def 1430 de 1487 defg 1949 e
Trapper* 2417 fgh 1832 i 1215 h 2082 efg 1177 e 1366 efg 1698 g
Konvensioneel 2765   2632   2451   2388   1727   1711   2197  
Hyola 575 CL* 3656 a 3300 ab 3393 ab 2767 a 2070 abc 2170 ab 2756 a
Hyola 474 CL* 3043 bcde 3050 abcd 3726 a 2695 ab 1682 bcde 2305 a 2618 ab
Hyola 571 CL* 3236 abcd 3181 abc 3277 abc 2716 ab 2108 ab 2079 abc 2646 ab
44Y84* 3240 abc 3147 abc 3063 abcd 2763 a 2291 a 1556 cdefg 2589 b
45Y82* 2947 bcdef 2801 cde 2258 efg 2603 abc 2053 abc 1626 cdefg 2371 c
46Y83* 3239 abcd 2831 cde 3174 abc 2401 cd 2019 abc 1501 defg 2362 c
43C80 2585 efg 2495 efg 2603 cdef 2352 cde 2102 abc 1824 abcde 2237 cd
CL 3135   2972   3070   2614   2046   1866   2511  
Hyola 555 TT* 2694 cdefg 2639 def 3323 ab 2124 def 1391 de 1776 bcdef 2174 d
Tumby HT* 2371 gh 2250 fghi 2808 bcde 2049 fg 1277 de 1453 efg 1905 ef
Thunder 2581 efg 2284 fgh 2148 efg 1503 i 1748 abcde 1543 defg 1765 fg
CB Jardee HT* 2648 efg 2219 ghi 2613 cdef 1585 hi 1186 e 1230 g 1713 g
CB Junee HT* 2007 h 1949 hi 1644 gh 1812 gh 1211 e 1144 g 1617 g
Tawriffic TT 2194 gh 2209 ghi 1975 fg 1691 hi 1520 cde 1273 fg 1677 g
TT 2416   2258   2418   1794   1389   1403   1809  
Kbv 554   419   677   291   585   528   359  
Kv 12   10   15   8   20   19   0.045  

Kbv – kleinste betekenisvolle verskil by 95% betroubaarheidsinterval.
Kultivars gemerk met *, is basterkultivars.

Hyola 575 CL (2.756 ton ha-1) het die hoogste gemiddelde opbrengs oor alle lokaliteite in die Suid-Kaap gelewer. Die basterkultivars Hyola 571 CL (2.646 ton ha-1), Hyola 50 (2.640 ton ha-1) en die Hyola 474 (2.618 ton ha-1) het nie betekenisvol van Hyola 575 CL verskil nie.

Die opbrengs van Hyola 555 TT (2.174 ton ha-1) was betekenisvol beter as die ander kultivars in die TT-groep. CB Tumby HT (1.905 ton ha-1) was die tweede beste produseerder in die groep, maar het nie betekenisvol van Thunder (1.765 ton ha-1) verskil nie.

Tabel 3
Swartland saadopbrengs (ton ha-1) oor jare
2009 2010 2011 2 jaar gemiddeld 3 jaar gemiddeld
Konvensioneel
Agamax* 2015 2221 2231 2226 2156
AV Garnet 2148 2142 1922 2032 2071
Hyola 61* 1650 1934 1598 1766 1727
Hyola 50*   2512 2027 2270  
CL
43C80 1750 2016 1940 1978 1902
Hyola 571 CL*   2466 2051 2258  
Hyola 575 CL*     2024    
44Y84     2179    
TT
Thunder 1705 1594 1242 1418 1514
Tawriffic 1347 1734 1478 1606 1520
CB Jardee* 1737 1826 1362 1745 1641
Hyola 555 TT*     1879    

Kultivars gemerk met *, is basterkultivars.

Die gemiddelde opbrengs in die Swartland en Suid-Kaap vir die 2009 tot 2011 seisoen word in Tabel 3 en 4 opgesom. Kultivars wat nie in 2013 beskikbaar is nie, is uitgesluit. Die 2 hoogste produserende konvensionele kultivars in 2010-2011 seisoene was Agamax en Hyola 50 (vir beide areas). Die CL-kultivars Hyola 571 en 43C80 was in beide 2010- en 2011-seisoene ingesluit. Die basterkultivar Hyola 571 het die hoogste opbrengs in die Swartland en Suid-Kaap gegee. In die 2010-2011-seisoen het die baster TT-kultivar, CB Jardee die hoogste opbrengs gegee gevolg deur Tawriffic en Thunder. Min kultivars wat die afgelope 3 seisoene getoets was is in 2013 beskikbaar. Die 3 hoogste produseerders in beide gebiede vir elke tipe was, Agamax (konvensioneel), Hyola 571 (CL) en CB Jardee (TT).

Tabel 4
Suid-Kaap saadopbrengs (ton ha-1) oor jare
2009 2010 2011 2 jaar gemiddeld 3 jaar gemiddeld
Konvensioneel
Agamax* 2197 2378 2393 2386 2323
AV Garnet 2521 1937 2304 2121 2254
Hyola 61* 2242 1691 1949 1820 1961
Hyola 50*   2135 2640 2387  
CL
43C80 1739 1866 2237 2052 1947
Hyola 571 CL*   1929 2646 2287  
Hyola 575 CL*     2756    
44Y84     2589    
TT
Thunder 1703 1422 1765 1593 1630
Tawriffic TT 1554 1619 1677 1648 1617
CB Jardee HT* 1433 1855 1713 1784 1667
Hyola 555 TT*     2174    

Kultivars gemerk met *, is basterkultivars.

Gevolgtrekking

Uit die resultate is dit duidelik dat die kultivarkeuse 'n groot invloed op die uiteindelike opbrengs en dus ook die winsgewendheid van canola mag hê. Produsente moet dus seker maak dat die beste kultivar vir sy spesifieke produksie area en produksietoestande (onkruidsituasie) gebruik word.

Kultivars word 2- tot 3-jaarliks met nuwe kultivars vervang deur kultivars met hoër opbrengspotensiaal en beter siekteweerstand. Dit is nood­saak­lik dat produsente bewus is daarvan en so vroeg as moontlik hul bestelling plaas om teleurstelling te voorkom.


Fisiologiese ontwikkeling van canola in 2011

PJA Lombard, L Smorenburg en Dr J Strauss
Wes-Kaapse Departement van Landbou, Privaatsak X1, Elsenburg 7607

Plaaslik word australiese lentetipe canolakultivars verbou. Hierdie kultivars het meestal nie blootstelling aan periodes van lae temperature (verna­lisasie) nodig om blomme te produseer nie. In plaaslike en internasionale studies is egter gevind dat sommige lentetipe canola wel reageer op lae temperature in die periode na plant deurdat lae temperature net na plant die aantal dae tot blom verminder. Gedurende 2012 is byvoorbeeld in saai­datum proewe gevind dat minimum temperatuur gedurende die eerste 28 dae na plant, die aantal dae tot blom (R² = 0.50) op Langgewens beïnvloed. In 'n soortgelyke studie op Riversdal is gevind dat die gemiddelde daaglikse temperatuur vir die eerste 28 dae na plant, die aantal dae tot blom (R¹ = 0.69) beïnvloed. In beide gevalle (min temp by Langgewens en gem. temp by Riversdal) is die aantal dae van plant tot blom verminder deur blootstelling aan laer temperature.

Die canolaplant is sensitief vir klimaatsfaktore tydens elke fisiologiese stadium. Volgens studies is die mees sensitiewe periode die tydperk vanaf 50% blom tot en met fisiologies rypheid. Die plant benodig 60 dae na bestuiwing om olie volledig vas te lê.

By beide lokaliteite het die kultivars CB Junee HT, 43C80 en Hyola571CL die vroegste geblom. By Tygerhoek het al die kultivars in beide saai­datum­proewe tussen 82-93 dae geneem om te blom. By Langgewens was die verskil in reaksie tussen kultivars meer drasties, dae tot blom van indi­vi­duele kultivars het gewissel tussen 67-99 in die 2 saaidatumproewe.

Kultivars wat vroeg blom (blomstadium gouer bereik) het 'n voordeel en kan die moontlike ongunstige warm en droë periode gedurende September vryspring aangesien hulle dan reeds klaar hul saad gevul het. Belangrik: opbrengspotensiaal word steeds deur die kultivar (genotipe) bepaal. Hoe­wel CB Junee HT 'n basterkultivar is, is dit 'n TT (triasien bestand) en is die verwagte opbrengs laer. Hyola 50 het 8 dae later as Agamax op Lang­ge­wens in die eerste saaityd geblom maar die opbrengs was meer. Kultivareienskape en reaksie op omgewing is belangrik, want die teenoorge­stelde opbrengsreaksie is waargeneem by saaityd 2 waar Agamax weer eerste geblom het en die beter opbrengs gegee het.

Langgewens

Die onderskeie kultivars en saaidatumproewe se dae tot blom vir 2011 is opgesom in Tabel 1. Die gemiddelde dae tot blom by die 1ste saaityd in 2011 was 82 teenoor 75 van die 2de saaityd (Tabel 1 en Figure 1 en 2). Hoewel die tweede proef 16 dae later geplant is, het dit slegs 9 dae later geblom. Die periode van blomknopverskyning tot 50% blom was gemiddeld 16 en 17 dae. Uit die data is dit duidelik dat die tydperk tussen eind­blom en die stadium van fisiologiese rypheid nie voldoende was vir al die saad om volledig te ontwikkel nie. Die plante in die 2 proewe het gemid­deld tussen 35 en 36 dae nodig gehad om fisiologies ryp te word. Die 1ste saaitydproef het oor 'n langer periode geblom en kon gevolglik meer blomme en peule vorm. Na afloop van die groeiseisoen was die 2de saaityd slegs 4 dae later fisiologies ryp.

Tabel 1
Dae vanaf plant tot blomknopverskyning en aantal dae wat elke fisiologiese fase in beslag neem vir die 2 saai­datumproewe by Langgewens (2011)
  Langgewens 1 (9 Mei) Langgewens 2 (25 Mei)
  Blom 50% blom Eind Fisiol ryp Blom 50% blom Eind Fisiol ryp
CB Junee HT 62 76 128 156 53 69 113 150
AV Garnet 67 83 129 162 58 70 110 141
CB Jardee HT 64 81 127 159 59 77 114 155
Hyola 474 CL 62 77 123 161 56 77 119 154
Tawriffic TT 66 86 133 172 60 79 127 166
Trapper 62 80 132 162 50 63 109 145
Tumby HT 67 85 131 169 61 78 116 150
Agamax 67 80 122 154 54 74 109 141
45Y82 66 80 127 162 59 74 113 156
44Y84 65 80 125 160 58 74 114 144
43C80 61 76 125 156 51 68 107 139
Hyola 555 TT 64 80 123 156 54 69 108 144
46Y83 66 87 132 171 68 87 126 162
Hyola 61 70 91 131 166 60 77 118 153
Hyola 571 CL 62 75 122 158 53 71 113 152
Hyola 575 CL 64 78 125 156 54 73 106 139
Thunder 81 99 133 172 69 84 122 160
Hyola 50 70 87 131 168 62 79 119 155
Gemiddeld 66 82 127 162 58 75 115 151

Die gemiddelde opbrengs van die konvensionele kultivars by die 2de saaitydproef was 23% laer. Dit kan toegeskryf word aan 'n verkorte groei­seisoen en meer ongunstige klimaat waaraan dit blootgestel is. Hierdie verskil is egter nie elke jaar so groot tussen die twee saaidatumproewe nie.

Figuur 1

Gemiddelde aantal dae van ontwikkeling (per fisiologiese stadium) vir al die kultivars in die 1ste saaidatumproef

Figure 1 showing average number of days until flowering during first sow date trial at Langgewens I

Figuur 2

Gemiddelde aantal dae van ontwikkeling (per fisiologiese stadium) vir al die kultivars in die 2de saaidatumproef

Figure 1 showing average number of days until flowering during second sow date trial at Langgewens II

Tygerhoek

Die dae tot blom van die onderskeie kultivars en saaidatumproewe by Tygerhoek is opgesom in Tabel 2. Die gemiddelde dae tot blom by die 1ste saaityd in 2011 was 80 teenoor 77 van die 2de saaityd (Tabel 2). Hoewel die tweede proef 9 dae later geplant is het dit slegs 6 dae later geblom. Die periode blomknop verskyning tot 50% blom was gemiddeld 25 en 21 dae. Dit was onderskeidelik 9 en 5 dae langer as by Langgewens 1ste en 2de saai.

Die plante in die 2 proewe het gemiddeld tussen 45 en 41 dae lank geblom. Die 1ste saaitydproef het oor 'n langer periode (4 dae) geblom en kon gevolglik meer blomme en peule vorm. Die 2de saaitydproef het slegs 3 dae later klaar geblom en was die tyd verskil van 9 dae tydens planttyd byna uitgewis.

Die gemiddelde opbrengs van die konvensionele kultivars by die tweede saaitydproef was 5% laer. Dit is minder as by Langgewens maar kan toegeskryf word aan 'n verkorte groeiseisoen van die 2de saaitydproef.

Tabel 2
Dae vanaf plant tot blomknopverkyning en aantal dae wat elke fisiologiese fase in beslag neem vir die 2 saaidatumproewe by Tygerhoek (2011)
  Tygerhoek 1 (4 Mei) Tygerhoek 2 (13 Mei)
  Blom 50% blom Eind Blom 50% blom Eind
CB Junee HT 58 85 132 62 82 126
AV Garnet 73 92 142 69 87 126
CB Jardee HT 68 92 144 67 89 131
Hyola 474 CL 68 91 130 66 85 128
Tawriffic TT 70 91 140 69 86 125
Trapper 58 89 130 65 86 138
Tumby HT 71 90 140 71 89 121
Agamax 59 92 129 64 88 123
45Y82 66 91 135 66 88 133
44Y84 61 92 136 63 85 126
43C80 63 84 129 61 83 123
Hyola 555 TT 71 92 137 68 88 123
46Y83 66 93 141 68 92 124
Hyola 61 63 90 135 70 89 132
Hyola 571 CL 62 86 131 62 85 128
Hyola 575 CL 62 87 130 64 86 138
Thunder 63 93 133 71 93 135
Hyola 50 64 93 137 67 92 127
Gemiddeld 65 90 135 66 87 128

Waarom is swartstamweerstand belangrik tydens die maak van kultivarkeuse?

Piet Lombard

Met die besoek van mnr Phil Thomas (canola kenner van Kanada) aan die Wes-Kaap is die volgende stelling teenoor hom gemaak, "kultivars van Australië het die beste swartstam (Leptosphaeria maculans) weerstand in die wêreld". Sy reaksie was soos volg, "Dit was waarskynlik verlede maand?"

Hierdie stelling is reeds in 2007 deur Professor Wallace Cowling van Wes Australië bewys. Die genetiese afbraak van swartstamweerstand oor 30 jaar was 0.15 weerstandseenhede per jaar na die vrystelling van 'n kultivar (skaal van 0-10).

In die praktyk beteken dit dat kultivars jaarliks van hul weerstand verloor. Ons vind dat na 2 tot 3 seisoene sal 'n kultivar wat oorspronklik 'n goeie weerstand gehad het 'n swakker weerstandindeks het. Die weerstandindeks van 5 uit 8 kultivars wat in 2010 sowel as 2012 plaaslik getoets was, se weerstand het gedaal van 2010 tot in 2012.

Swartstam is waarskynlik die gevaarlikste siekte by canola in Suid-Afrika en Australië. Ons behoud ten opsigte van swartstam berus op die feit dat ons plaaslike kultivars vanaf Australië kom waar geteel en geselekteer word vir weerstandbiedendheid. Die lewenssiklus van swartstam word grafies in figuur 1 voorgestel.

Figuur 1

Lewensiklus van swartstam (Leptosphaeria maculans)
www.saskatchewan.ca/agriculture

Figure 1 showing lifecycle of blackleg

Swartstam is 'n saadgedraagde swamsiekte, wat tot gevolg het dat die jong saailing geïnfekteer is direk na ontkieming en kan afsterf of blaar­simp­tome van die siekte toon. Swartstam oorleef op die canolastoppel in die vorm van 'n vrugligaam. Die vrugligame is donkerkleurig en produseer groot hoeveelhede luggedraagde spore wat vrygestel word tydens die herfs na rëen. In Australië is 95% van die spore afkomstig van die vorige seisoen se stoppels. Die spore waai tot 500m ver. Die spoordruk daal egter drasties verder as 200m vanaf 'n punt van besmette stoppels.

Twee weke na die spore op die blare van die canolasaailing geval en ontkiem het, is die infeksie op die blaar sigbaar (Foto 1a). Dit is 'n ligkleurige letsel met swart vrugliggaampies (vertoon soos klein kolletjies). Spore word vanuit die letsels op die blare vrygestel en spat met reën tot op nuwe blare.

Die swam groei in die vaatbundels van die plant en dit affekteer die beweging van voedingstowwe en water (Foto 2a). In erge gevalle sal die kroon van die plant heeltemal afsterf (Foto 1b en 1c).

Dit is noodsaaklik dat die jong saaling beskerm moet word teen die swartstam, daarom word sekere stappe aanbeveel. Terughou van saad kan 'n probleem skep in gevalle waar swartstambesmetting op die peule voorgekom het (Foto 2b). Saad vanuit Australië word soms met fluquinconazol behandel wat die saailing aanvanklik beskerm wanneer dit die meeste vatbaar is vir die siekte.

Tabel 1
Swartstam indeks soos verskaf deur Canola Association of Australia (CAA)
Kultivar – konvensioneel Indeks Kultivar – Clearfield Indeks Kultivar – TT Indeks
Hyola 50 W Hyola 571 CL W (2010) Hyola 555 TT MW
AV Garnet MW Hyola 575 CL W Tumby HT ?
Agamax MV 44Y84 MW-MV Thunder Te oud
    43C80 MV CB Jardee HT MV
    45Y82 MW-MV CB Junee HT MV-V
    46Y83 W ATR-Stingray MW
    43Y85 W Tawriffic TT MV
    45Y86 ?    

W = Weerstand, MW = Matige weerstand, MV = Matig vatbaar en V = Vatbaar

Produsente moet besef dat daar feitlik altyd swartstamletsels op die blare van die plante sal voorkom (Foto 1a). Slegs wanneer 3% of meer van die plante kroonkankers het moet produsente dit sien as hoë siektedruk en moet die regte bestuursbesluite geneem word om volhoubaarheid te verseker.

Die eerste stap sal wees om kultivars met goeie weerstand te selekteer en aan te plant die komende seisoen. Produsente wat meer as 3% plante met kroonkanker (Foto 1a en 1b) gehad het moet verkieslik saad saai wat behandel is met middels wat met fluquinconazole (in Australië geregistreer as saadbehandeling teen swartstam) behandel is. Rotasie van gewasse en voldoende afstand vanaf besmette oesreste kan help om die siekte te beheer.

Foto-reeks 1

(a) Swartstamletsel op blaar,   (b) Plant met kroonkanker,   (c) Kroonkanker het die stam laat afsterf en geen opbrengs is moontlik van die die plant nie

Images of blackleg on leaf and cankers

Foto-reeks 2

(a) Infeksie in die vaatbundels in die stam,   (b) Swartstamletsel op peul,   (c) Plant wat deur hael beskadig is vergroot die kans op swartstam infeksie,   (d) Canolaplante val om weens swartstam wat kroonkanker tot gevolg gehad het

Images showing blackleg infections


Enquiries / Navrae

Directorate Plant Sciences, Department of Agriculture Western Cape
Direktoraat Plant Wetenskappe, Wes-Kaapse Departement van Landbou
Private Bag/Privaatsak X1, Elsenburg 7607   T. 021 808 5321   E. pietl@elsenburg.com

Editors / Redaksie

PJA Lombard   J Bruwer   Prof A Agenbag   Izane Leygonie
Sponsored by the Protein Research Foundation
Geborg deur die Proteïennavorsingstigting

Subscribe to this newsletter